Verskil tussen weergawes van "Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge"

Jump to navigation Jump to search
(History→Geskiedenis)
 
 
==Geskiedenis==
[[Lêer:FAK-Reelingskomitee.JPG|250px|left|thumb|Lede van die Reëlingskomitee wat op 24 Augustus 1929 in Bloemfontein vergader het. V.l.n.r., voor: Dr. L.M. du Toit, [[Eitemal|W.J. du Preez Erlank]], J.W. Potgieter, L.W. Hiemstra, dr. [[D.F. Malherbe]], I.M. Lombard, mev. M. Visser, adv. [[C.R. Swart]], dr. A.J.H. van der Walt. Middel: J.J. Scheepers, J. Lingenfelder, W. Viljoen, J. Combrink, prof. [[Joon van Rooy|J.C. van Rooy]], [[M.C. Botha (skrywer)|M.C. Botha]], D. Bosman, prof. L.J. du Plessis, dr. C.F. Visser. Agter: J.S. Olivier, dr. [[Theo Wassenaar]], J.H. Basson, dr. B.A. de Wet, prof. [[Gerrit Dekker]], dr. H.A. Steyn, R.J. Coetzee, J.J. Ferreira, [[S.J. Naudé]], Frans Viljoen]]
 
In die twintiger- en dertigerjare van die twintigste eeu het [[Afrikaners]] hulself kultureel in ’n verskeidenheid instellings begin organiseer. Ten spyte van politieke verskille onder Afrikaners wat lang jare reeds kom, het ’n behoefte aan formele kulturele eenheid ontstaan. Hoewel die ideaal van politieke eenheid voorlopig buite bereik was, kon Afrikaners daarin slaag om in ’n groot mate kulturele samewerking te bewerkstellig.<ref>Langner, D. (ed). FAK 85. Pretoria: FAK. p.6</ref>
Op 24 Augustus 1929 het ’n groep Afrikaners onder die vaandel van die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] vergader om te besin oor die beskerming van hul kulturele erfenis. Die doel was om mense en organisasie van ooreenstemmende innerlike oortuiging bymekaar te bring, en om ’n aksie te loods vir die handhawing van die Afrikaanse taal en die positiewe ontwikkeling van die Afrikanerkultuur. Daaruit het ook die FAK se leuse “Handhaaf en bou” voorgevloei. Die FAK is gevolglik gestig tydens die Uniale Taal- en Kultuurkongres wat op 18-19 Desember 1929 in die Bloemfonteinse stadsaal gehou is. Tydens die stigtingsgeleentheid is referate deur onder andere proff. E.C. Pienaar en T.J. Hugo en drr. A.J.R. van Rhijn en P.C. Schoonees gelewer is. Dr. [[D.F. Malan]], toe minister van binnelandse sake, het ook die konferensiegangers toegespreek en hulle herinner aan 1911 toe tydens ’n soortgelyke konferensie in Bloemfontein die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] met pres. [[M.T. Steyn]] as eerste voorsitter, gestig is.<ref>Swart, M.J. & Geyser, O. 1979. Vyftig jaar Volksdiens: Die geskiedenis van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, 1929–1979. Pretoria: FAK. p.14-17.</ref>
 
Tydens die stigtingskonferensie is dan ook die Uitvoerende Komitee gekies, bestaande uit dr. [[N.J. van der Merwe]] van die Vrystaat, prof. [[E.C. Pienaar]] van Kaapland, mev. [[Mabel Jansen]] van Natal en dr. [[T.J. Hugo]] en mnr. [[L.J. Erasmus]] van Transvaal. [[Ivan Lombard]] wat sekretaris van die konferensie was, is gevra om voorlopig as sekretaris-penningmeester op te tree. Die Uitvoerende Komitee het die opdrag gehad om wanneer die middele gevind is, ’n heeltydsevoltydse sekretaris aan te stel.
 
== Lede ==
101 107

wysigings

Navigasie-keuseskerm