Verskil tussen weergawes van "Slag van Majuba"

Jump to navigation Jump to search
-Anglicismen, +nl
(Nuwe bladsy, vertaal uit en.wiki en bygewerk uit Prof. d'Assonville se boek oor Majuba)
 
(-Anglicismen, +nl)
|}
 
Die veldslag by [[Majuba]] was die laaste van vier veldslae tussen [[Groot-Brittanje]] en die [[Boere]] van [[Transvaal]] gedurende die [[Eerste Vryheidsoorlog]] ([[Desember]] [[1880]] - [[Maart]] [[1881]]. Dit het op [[27 Februarie]] [[1881]] plaasgevind. Die klinkende oorwinning wat die Boere behaal het, het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee, nadat dit op [[12 April]] [[1877]] geannekseer is ('n verbreking van die [[Sandrivier-Konvensiekonvensie]] van [[1852]]).
 
Na die Britse anneksasie van Transvaal het die Boere op [[8 Desember]] [[1880]] te [[Paardekraal]] (later [[Krugersdorp]]) tydens 'n protesvergadering die onafhanklikheid van Transvaal uitgeroep. Dit was die begin van die Eerste Vryheidoorlog. Die Boere het al die Britse garnisoene onder beleg geplaas en die eerste militêre botsing by [[Bronkhorstspruit]] oortuigend gewen.
 
Generaal-majoor Sir [[George Pomeroy Colley]] was die opperbevelvoerder van die Britse magte in [[Suid-Afrika]], asook die goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelik Afrika, 'n man met 'n uitstekende militêre rekordstaat van diens en voormalige professor aan die [[Sandhurst Militêre Akademie van Sandhurst]] in Engeland. Hy het 'n opmars van [[Natal]] na [[Pretoria]] begin om die garnisoene te ontset. Hy het met 1200 troepe kamp opgeslaan op die plaas [[Mount Prospect]], suid van Laingsnek.
 
[[Laingsnek]] was 'n strategiese plek waar die roete tussen [[Pietermaritzburg]] (in Natal) en Pretoria (in Transvaal) oor die Drakensberge gegaan het. 'n Boeremag van 1500 man onder Kommandant-generaal [[Piet Joubert]] het hulle op die lang rug van Laingsnek, net oosoostelik van Majuba, ingegrawe om Colley se opmars te stuit.
 
Op [[28 Januarie]] [[1881]] ([[Die Slag van Laingsnek]]) het Generaal Colley onsuksesvolsonder probeersukses geprobeer om Laingsnek te verower. Op [[8 Februarie]] [[1881]] (Die [[Slag van Ingogo]], ook bekend as die [[Slag van Skuishoogte]]) het Colley se troepe weer onsuksesvol met die Boere onder Generaal [[Nicolaas Smit]] slaags geraak.
 
Hierna het Colley nog 2000 troepe van [[Newcastele]] laat kom en die plan bedink om die berg Majuba te beset, vanwaar hy kon neerkyk op die Boere se stellings by Laingsnek. Die Britte het die berg gedurende die nag van [[26 Februarie]] uitgeklim. Daar was 405 Britse soldate op die berg, insluitend 171 van die [[58ste Regiment]] en 141 van die [[92ste Regiment]] (die ''[[92nd Highlanders]]''). Teen dagbreek om 04:30 is 'n aantal rondom die kruin van die berg uitgeplaas. Die ''[[Gordon Highlanders]]'' het [[Gordon se koppie]] (''[[Gordon's Knoll]]'') en die nnordelike en noordwestelike kruin beset.
 
Die volgende oggend ('n Sondag) het die Boere onmiddelik nadat hulle van die teenwoordigheidaanwesigheid van die Britse soldate op die berg bewus geword het, planne beraam om die berg te bestorm. Generaal Nicolaas Smit, die bevelvoerder, het vrywilligers gevra en het drie afdelings gevorm onder leiding van kommandant [[Joachim Ferreira]], assistent-veldkornet [[Fanus Roos]] en assistent-veldkornet [[Danie Malan]]. Generaal Smit het opdrag gegee dat die manne bo 50 agter die rotse van die eerste plato moes bly skuil en na elke Engelsman wat sy kop oor die boonste rand uitsteek, moes skiet. Dit het dit moontlik gemaak vir die res van die Boere om onder dekking van die vuurvuurdekking tot reg onder die kruin te kom, wat hulle teenaan die eind van die laat-oggend na 'n klim van ses uur, bereik het.
 
Intussen het Colley opdrag gegee dat die berg vir ten minste drie dae verdedig moet word en het hy en baie van die troepe wat deurgedurende die nag die berg uitgeklim het, verlore slaap ingehaal.
 
Teen 12:45 het die Boere met hewige geweervuur op Gordon se koppie losgebars en dit verower. Gedurende die volgende uur, het die Boere oor die kruin gestroom en die Britte met akkurate skietwerk groot veliese toegedien. Daar was groot verwarring en die Britte het na die suidekant van die bergtop begin vlug. Generaal Colley is bokant sy regteroog getref en is op die berg oorlede. Die res van die Britse mag het oor die agterste kruin gespring en is beseer, geskiet of gevange geneem.
Alhoewel daar nie baie soldate betrokke was nie, was die veldslag belangrik, om die volgende redes:
* 'n Vredesooreenkoms is geteken, wat later tot die [[Pretoria Konvensie]] tussen die Britte en die nuutgestigte [[Suid-Afrikaanse Republiek]] gelei het en die Eerste Vryheidsoorlog beëindig het.
* Die [[vuur-en-beweging]] taktiekstaktiek wat Generaal Smit en die Boere gebruik het tydens die bestorming van die berg, was 'n nuutjie en is eers jare later deur ander leërs gebruik.
* Die Britte het die vier volslae nederlae (Bronkhorstspruit, Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba) nie vergeet nie en dit het waarskynlik gevoge gehad tydens die [[Tweede Vryheisoorlog]], beter bekend as die [[Anglo-Boereoorlog]] van [[1899]] - [[1902]]. ''"Remember Majuba!"'' het 'n strydkreet geword.
 
Van die Britse soldate het 92 gesneuwel, 134 is gewond en 59 is gevange geneem. Slegs een van die Boere (H. Bekker) het daardie dag gesneuwel ('n tweede een, J. Groenewald, het later aan sy wonde beswyk) en ses ander is gewond. Dit toon die verskil tussen die Britte en die Boere se kamoeflering en skietvernuf.
 
Daar isbestaan 'n volledige verslag van die veldslag, met kaarte, op Die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging se webwerf. Die web-adres verskyn hieronder.
 
== Bronne en Verwysings ==
* [http://rapidttp.com/milhist/vol052gr.html The South African Military History Society Journal vol 5 no 2]. (Engels, bevat besonderhede, prente en kaarte van die veldslag).
* [http://pw1.netcom.com/~reincke/majuba.html The battle of Majuba Hill] (Engels)
 
[[nl:Slag van Majuba]]
2 257

wysigings

Navigasie-keuseskerm