KwaZulu-Natal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kwazulu-Natal)
Spring na: navigasie, soek
KwaZulu-Natal
(KwaZoeloe-Natal)
Map of South Africa with KwaZulu-Natal highlighted.svg
Oppervlak 94 361 vk km
Bevolking 10 267 300[1]
Bevolkingsdigtheid 110 / vk km
Tale[1] Zoeloe (77,8%)
Engels (13,2%)
Xhosa (3,4%)
Afrikaans (1,6%)
Etniese verdeling[1] Swart (86,8%)
Asiër (7,4%)
Blank (4,2%)
Kleurling (1,4%)
Hoofstad Pietermaritzburg (1994-)
Ulundi (1994-2004)
Premier
Senzo Mchunu (ANC)
Webwerf www.kwazulunatal.gov.za
Zoeloes van Shakaland in hulle tradisionele kleredrag

Die provinsie KwaZulu-Natal of KwaZoeloe-Natal (uitgespreek /kwɑːˌzuːluː nəˈtɑːl/) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Pietermaritzburg.

Totstandkoming[wysig]

KwaZulu-Natal het in 1994 tot stand gekom met die samevoeging van Natal, een van die ou Suid-Afrika se vier provinsies, en die voormalige "Zoeloe-tuisland" KwaZulu.

KwaZulu-Natal het tot 2004 twee hoofstede gehad - Natal se ou hoofstad, Pietermaritzburg (die provinsie se naasgrootste stad) en Ulundi, die ou administratiewe hoofstad van KwaZulu. In 1995 het 'n kommissie van ondersoek aanbeveel dat die provinsiale regering voorlopig om die beurt in Pietermaritzburg en Ulundi vergader.

Durban is KwaZulu-Natal se grootste stad. Ander belangrike plekke is onder meer Richardsbaai, Dundee, Ladysmith, Newcastle ('n staal- en steenkoolsentrum), Port Shepstone, Estcourt en Vryheid.

Demografie[wysig]

Bevolking[wysig]

10 267 000 (2011-sensus). KwaZulu-Natal het die tweede meeste inwoners van Suid-Afrikaanse provinsies, ná Gauteng.

Die meeste inwoners is Zoeloes, maar die provinsie huisves ook die grootste deel van Suid-Afrika se bevolking van Asiatiese afkoms.

  • Swart 86,8%
  • Asiate 7,4%
  • Blank/Wit 4,2%
  • Kleurling/Bruin 1,4%[1].

Tale[wysig]

Tale van KwaZulu-Natal ██ Afrikaans ██ Engels ██ Xhosa ██ Zoeloe ██ Suid-Sotho ██ Swazi ██ Geen meerderheidstaal

Zoeloe (80,0%), gevolg deur Engels (13,4%). 1.5% van die bevolking praat Afrikaans (meeste van hulle is Wit en Kleurlinge).

Geografie[wysig]

Oppervlakte: Sowat 92 100 km2.

Ligging en topografie[wysig]

KwaZoeloe-Natal lê aan die oostekant van Suid-Afrika aan die Indiese Oseaan. Aan die suidekant lê die Oos-Kaap, wes lê Lesotho en die Vrystaat, terwyl die provinsie Mpumalanga en die lande Mosambiek en Swaziland aan die noordekant geleë is. KwaZoeloe-Natal word vanweë sy natuurskoon die "Tuinprovinsie" genoem. Daar is 'n subtropiese kusgebied ('n laaggeleë streek langs die Indiese Oseaan), met uitgestrekte vlaktes in die middel van die provinsie. Die majestueuse Drakensbergreeks troon in die weste en die Lebomboberge in die verre noorde.

Ekonomie[wysig]

Durban is Suid-Afrika se besigste hawe; die hawe van Richardsbaai sorg weer veral vir die uitvoer van steenkool. Die vervaardigingsbedryf, asook toerisme is vername bronne van inkomste vir die provinsie. Daar is dosyne strande, manjifieke gholfbane, plekke om te stap en te klim, natuurtuine. Die vernaamste gewas is suikerriet wat, soos piesangs, koejawels, mango's en papawers, in die kusgebiede gekweek word. In die binneland word weer met groente en vee geboer. Bosbou word ook beoefen. In die noorde is daar steenkoolmyne in die omgewing van Vryheid, Dundee, Glencoe en Newcastle.

Bronne[wysig]


Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 www.statssa.gov.za/publications/P03014/P030142011.pdf Statssa 2011-sensus


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie van KwaZulu-Natal

Provinsiale Hoofstad:

Pietermaritzburg

Hoof Metro's:

eThekwini (sluit Durban in)

Distrik Munisipaliteite:

Amajuba | iLembe | Sisonke Ugu | Umgungundlovu | Umkhanyakude | Umzinyathi | Uthukela | Uthungulu | Zululand |

Plaaslike Munisipaliteit:
Groot Dorpe:

Empangeni | Kokstad | Ladysmith | Newcastle | Port Shepstone | Richardsbaai | Stanger | Tongaat | Vryheid


Provinsies van Suid-Afrika Flag of South Africa
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap