Suid-Pohjanmaa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kaart.

Suid-Pohjanmaa (Fins: Etelä-Pohjanmaa, Sweeds: Södra Österbotten) is 'n administratiewe streek in Finland. Die streek word begrens deur Sentraal-Pohjanmaa in die noorde, Sentraal-Finland in die ooste, Pirkanmaa in die suide, Satakunta in die suidweste en Pohjanmaa in die weste.

Noord-Pohjanmaa beslaan 'n landoppervlakte van 13 444 km² en het 'n bevolking van 188 190 in 2019 gehad.[1] Die streek het 17 munisipaliteite waarvan agt stadstatus het. Die grootste stad en administratiewe hoofstad van die streek is Seinäjoki. Ander groot nedersettings is Kurikka, Kauhava en Lapua. Suid-Pohjanmaa is ook bekend as een van die belangrikste landboustreke in Finland.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (fi) "Väestörakenteen ennakkotiedot muuttujina Kuukausi, Alue, Sukupuoli, Ikä ja Tiedot". Tilastokeskus. 25 Julie 2019. Besoek op 15 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]