Suidelike rooibekneushoringvoël

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Suidelike rooibekneushoringvoël
Southern Red-billed Hornbill RWD.jpg
'n Wyfie in die Krugerwildtuin
Not recognized (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
T. rufirostris
Binomiale naam
Tockus rufirostris
Sundevall, 1850

Die Suidelike rooibekneushoringvoël (Tockus rufirostris) is 'n neushoringvoëlspesie in die Bucerotidae-familie. Dit word algemeen in savanne en halfdorre boomveld van Suider-Afrika. In die droë boswoude van westelike Namibië word 'n nabyverwante spesie, die Damararooibekneushoringvoël, aangetref. Die voël is 38 – 45 cm lank en weeg 100 – 170 g. In Engels staan die voël bekend as die Southern red-billed hornbill.

Gewoontes[wysig | wysig bron]

Sy roep bestaan uit 'n reeks versnellende note: kuk kuk kuk... wat eindig in 'n crescendo van dubbelnote, kuk-we kuk-we. Anders as ander rooibekneushoringvoëls lig hulle nie hul vlerke op in vertoon nie.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Dit word aangetref in Malawi en Zambië tot in die suide van Angola, noordoostelike Namibië, Botswana, Zimbabwe, oostelike eSwatini en noordelike Suid-Afrika (Transvaal en Noord-Natal).

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Tockus rufirostris

Bron[wysig | wysig bron]