Swartkopreier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Swartkopreier
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Ardeidae
Genus: Ardea
Spesie: A. melanocephala
Binomiale naam
Ardea melanocephala
Vigors & Children, 1826

Die Swartkopreier (Ardea melanocephala) is 'n reier wat algemeen deur Sub-Sahara Afrika en Madagaskar voorkom. Die voël is 'n algemene standvoël en plaaslike nomade in grasveld, landerye en bossieveld. Dit leef ook in vleioewers maar jag selde in water. In Engels staan die voël bekend as die Black-headed Heron.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die reier is 86 tot 94 cm lank en weeg 1.2 tot 1.9 kg. Die voël is groot en grys. Dit is effens kleiner as die bloureier. Die slagvere en ligter onderdekvere is kontrasterend donker tydens vlug. Die kroon en agternek is swart terwyl die keel wit is. Die borskant is grys en die bene swart. Die jong voël het 'n leikleurige kroon en agternek terwyl die voornek dofgeel getint is. Die borskant is ligter.

Die reier broei koloniaal saam (tot 50 pare) en soms ook saam met ander reiers, witreiers, duikers en ibisse.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]