Swartkopwielewaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Swartkopwielewaal
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Oriolidae
Genus: Oriolus
Spesie: O. larvatus
Binomiale naam
Oriolus larvatus
(Lichtenstein, 1823)

Die swartkopwielewaal is 'n algemene standvoël.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die swartkopwieliewaal word aan sy swart kop en pienk snawel uitgeken; in teenstelling met die swartkeelgeelvink wat 'n swart snawel het. Die geslagte lyk eners en het 'n gemiddelde lengte van 25 cm.

Habitat[wysig | wysig bron]

Hierdie voëls kom een-een of in pare voor in klam, goed ontwikkelde bosveld of gemengde bosveld, oewerbos en uitheemse bome. Hulle is lawaaierige, opvallende voëls wat die droë sentrale en westelike streke van Suider-Afrika vermy.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Kom voor in die suidelike dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Swaziland, Mpumalanga, Limpopoprovinsie, Mosambiek, Zimbabwe, die noord-oostelike deel van Botswana, die Caprivistrook en die noordelike deel van Namibië.

Geluid[wysig | wysig bron]

Sy gewone geroep is 'n helder "fioee"; uiter ook 'n skor alarmroep "tjurr".

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]