Gaan na inhoud

Tandjiessuikerbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Tandjiessuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. denticulata
Binomiale naam
Protea denticulata
Rourke, (1974)

Die tandjiessuikerbos (Protea denticulata) is 'n blomdraende struik wat tot die bekende Proteagenus hoort. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en seldsaam, dit kan gevind word by Potberg en die De Hoop-natuurreservaat waar dit deel van die fynbosbioom is. Die struik is dig en word 1 m hoog en 2 m in deursnee. Dit blom van Augustus tot Oktober.

Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word een tot twee jaar nadat blomme gevorm is vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind moontlik plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in die middel van hellings in sandsteengrond op hoogtes van 120 - 300 m.

In Engels staan dit as die Tooth-leaf sugarbush bekend.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]