Thamalakane-ghieliemientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Thamalakane-ghieliemientjie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Barbus
Spesie: B. thamalakanensis
Binomiale naam
Barbus thamalakanensis
Fowler, 1935

Die Thamalakane-ghieliemientjie (Barbus thamalakanensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die Okavangorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier. In Engels staan die vis bekend as Thamalakane barb.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n slank lyf met twee pare baarde om die mond. Die vis is deurskynend bruin aan die bokant, silwer-wit aan die kante en die onderkant. Daar is swart streep vanaf die punt van die snoet tot by die basis van die stertvin en daar is ook 'n swart kol op die basis van die analevin. Gedurende die broei tyd word die mannetjies goudkleurig. Die vis word tot 40 mm groot.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in langs die oewers van riviere in water wat digte plantegroei in het. Hulle vreet insekte.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]