Thandi Modise

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Thandi Modise (* 25 Desember 1959, Vryburg) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en is tans voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Sy dien van 19 November 2010 tot 21 Mei 2014 as Premier van Noordwes en word in hierdie hoedanigheid na die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014 deur Supra Mahumapelo (ANC) opgevolg.

Apartheid[wysig | wysig bron]

Sy verlaat Suid-Afrika in 1976 om by die African National Congress (ANC) aan te sluit en ontvang opleiding in Angola. Sy keer in 1978 terug na Suid-Afrika as 'n werknemer van die militêre vleuel van die ANC, Umkhonto weSizwe (MK). In 1979 word sy in hegtenis geneem en gevangenisstraf opgelê, wat van haar die eerste vrou maak om in Suid-Afrika vir aktiwiteite verbonde aan MK tronk toe gestuur te word.

Bronne[wysig | wysig bron]