Baleka Mbete
Baleka Mbete | |
Baleka Mbete in 2016 | |
Ampstermyn 21 Mei 2014 – 22 Mei 2019 | |
President | J. Zuma→C. Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Max Sisulu |
Opgevolg deur | Thandi Modise |
Ampstermyn 23 April 2004 – 25 September 2008 | |
President | Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe |
Voorafgegaan deur | Frene Ginwala |
Opgevolg deur | Gwen Mahlangu-Nkabinde |
Ampstermyn 25 September 2008 – 9 Mei 2009 | |
President | Kgalema Motlanthe |
Voorafgegaan deur | Phumzile Mlambo-Ngcuka |
Opgevolg deur | Kgalema Motlanthe |
Voorsitter van die African National Congress
| |
Ampstermyn 18 Desember 2007 – 18 Desember 2017 | |
President | Jacob Zuma Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Kgalema Motlanthe |
Opgevolg deur | Gwede Mantashe |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 24 September 1949 Transvaal, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Keorapetse Kgositsile (1978–92) Nape Khomo (2016–hede) |
Alma mater | Eshowe Training College Lovedale Teacher Training College |
Baleka Mbete (gebore 24 September 1949), is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 21 Mei 2014 as Speaker van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien. Sy was van 2008 tot 2009 die Adjunkpresident van Suid-Afrika. In 2007 is sy as die nasionale voorsitter van die African National Congress verkies en sy is in 2012 tot die posisie herverkies.[1] Sy het hierdie amp tot op 18 Desember 2017 beklee en is deur Gwede Mantashe opgevolg.
Omstredenheid
[wysig | wysig bron]In April 1997 kom dit aan die lig dat Mbete 'n onbehoorlik-uitgereikte rybewys bekom het, maar is nie van enige oortreding aangekla nie.[2] Dit volg nadat ondersoekbeamptes korrupsie in Mpumalanga se plaaslike toetssentrums ontbloot het, waar lisensies in ruil vir omkoopgeld uitgereik is.[3] Mbete het gesê dat sy "te besig" was om in toue te staan.[4]
In 2007 het Mbete die DA-lid Mike Waters geskors omdat hy probeer vra het wat aan die skandaal rondom Manto Tshabalala-Msimang gedoen word.[5] Waters wou navraag doen oor die Minister van Gesondheid se beweerde skuldigbevinding aan diefstal terwyl sy 'n verpleegster in Botswana was.
Mbete was by die Travelgate-skandaal betrokke waartydens meer as 200 Suid-Afrikaanse parlementslede hulle gesubsidieerde reisvoordele misbruik het. Volgens berigte het sy die geld terugbetaal.
In 2006 huur Mbete 'n vliegtuig teen 'n koste van R471 900 (sowat VS$60 000) na Liberië vir die inhuldiging van pres. Ellen Johnson Sirleaf. Die enigste ander passasier op die vliegtuig was 'n lid van haar personeel. Thabo Mbeki en die buitelandse sake-minister Nkosazana Dlamini-Zuma is ook na die inhuldiging – Mbeki in sy privaatvliegtuig en Dlamini-Zuma per kommersiële vlug.[6]
Sy is 'n stoere ondersteuner van Tony Yengeni, 'n voormalige ANC-hoofsweep in die parlement, wat aan bedrog skuldig bevind is. Na sy vonnisoplegging het Mbete selfs Yengeni na die Pollsmoor-gevangenis vergesel.[7]
Mbete is later weer vir omkopery ondersoek. Ondersoekbeamptes van die aandelebeurs in die Verenigde State van Amerika glo dat die R25 miljoen aandeel wat sy na die toekenning van 'n lisensie aan die Goldfields mynmaatskappy ontvang het, omkoopgeld was.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2013. Besoek op 7 Junie 2014.
- ↑ Accountable to Themselves: Predominance in Southern Africa. Kenneth Good. The Journal of Modern African Studies, Vol. 35, No. 4 (Des., 1997), bl. 547–573.
- ↑ "Global Integrity – South Africa Timeline" (in Engels). Global Integrity. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2012.
- ↑ Wines, Michael (29 Oktober 2007). "Driven insane in South Africa" (in Engels). International Herald Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2009. Besoek op 21 September 2008.
- ↑ "DA MP suspended" (in Engels). 7 September 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2008. Besoek op 21 September 2008.
- ↑ Dawes, Nic (24 Maart 2006). "Now the speaker joins the jet set" (in Engels). Mail & Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 21 September 2008.
- ↑ Jurgens, André; Mafela, Ndivhuho; Nombembe, Philani (27 Augustus 2006). "Jailed Yengeni shows no remorse" (in Engels). The Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Januarie 2009. Besoek op 21 September 2008.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Baleka Mbete.
Voorafgegaan deur Phumzile Mlambo-Ngcuka |
Adjunkpresident van Suid-Afrika 2008–2009 |
Opgevolg deur Kgalema Motlanthe |