Thomas Beecham

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Thomas Beecham
Sir-Thomas-Beecham-US-1948.jpg
Beecham in 1948
Geboorte29 April 1879
St. Helens, Lancashire
Afsterwe8 Maart 1961
Londen
Beroep(e)Dirigent
Portal.svg Musiekportaal

Sir Thomas Beecham (1879–1961) was 'n Britse dirigent. Hy het die Londense Filharmoniese Orkes in 1932 en die Koninklike Filharmoniese Orkes in 1946 gestig.[1] Beecham was een van die bekendste dirigente van sy tyd en het 'n groot invloed op klassieke musiek in die Verenigde Koninkryk gehad. Hy kom uit 'n ryk familie en het sy geld gebruik om vir die orkeste wat hy gevorm het te betaal.

Beknopte biografie[wysig | wysig bron]

Thomas Beecham is op 29 April 1879 in St. Helens, Lancashire in die noorde van Engeland gebore. Hy leer homself om te dirigeer en het 'n paar privaat komposisie-lesse by Charles Wood in Londen en Moszkowski in Parys gekry. Beecham se pa, sir Joseph Beecham, het 'n klomp geld uit medisyne (die beroemde Beecham-pille) gemaak. Hy het ook van musiek gehou, en het sy seun gehelp om 'n loopbaan in musiek te volg.

Beecham het baie tyd en geld spandeer om die regte omstandighede vir musikante te skep om te floreer. Sulke toestande was normaal in talle Europese lande, maar was teen daai tyd nie gebruiklik in Engeland nie. Hy was egter nie in die werk van Bach geïnteresseerd nie, maar het wel Händel gedirigeer. Hy was bekend vir sy Mozart-optredes, en het graag Berlioz, Mendelssohn, Bizet en Dvořák opgevoer. Hy was een van die eerste mense in Engeland wat die nuwe musiek van Richard Strauss en Sibelius gedirigeer het. Hy was 'n goeie vriend van Delius en het sy musiek opgevoer, sowel as wysigings aangebring voordat dit gepubliseer is.

Hy trou drie keer. Sy eerste vrou was Utica Celestia Welles (getroud in 1903, geskei in 1943). Daarna trou hy met die Engelse pianiste Betty Humby (sy is in 1958 oorlede). In 1959 trou hy met sy voormalige sekretaresse Shirley Hudson, wat hy deur die Koninklike Filharmoniese Orkes leer ken het.

Beecham is in 1916 tot ridder geslaan. Hy is op 8 Maart 1961 in Londen oorlede.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8