Thomas P. Stafford

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Thomas P. Stafford
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Thomas P. Stafford in April 1972

Geboortenaam Thomas Patten Staffor
Gebore 17 September 1930 (1930-09-17) (87 jaar oud)
Weatherford, Oklahoma
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte toetsvlieënier, konsultant
Thomas Stafford signature.svg

Thomas Patten "Tom" Stafford (17 September 1930 - ; Luitenant-generaal, Amerikaanse Lugmag) is 'n voormalige Amerikaanse lugmagoffisier, toetsvlieënier en NASA-ruimtevaarder. Hy het twee missies op Gemini-ruimtetuie voltooi en was in 1969 in bevel van Apollo 10, die tweede bemande missie na die Maan; hy was die eerste persoon om 'n maanmodule daar te vlieg. Hy was deel van die Ruimtevaardergroep 2-inname.

In 1975 was hy die bevelvoerder van die Apollo-Soyuz toetsprojekvlug; die eerste gesamentlike Amerikaanse-Sowjetruimtetog. Hy was daardie stadium 'n Brigadier-generaal en word die eerste generaal om in die ruimte te vlieg. Hy was die eerste lid van sy Vloot Akademieklas om 'n een, twee en later driestergeneraal te word.

Hy het ses missies voltooi waar daar met ruimtetuie gedok is en het in die proses 507 uur in die ruimte deurgebring. Hy het meer as 120 verskillende vliegtuie, helikopters en drie verskillende tipe ruimtetuie gevlieg.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]