Tigray-konflik van 2020

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ligging van die Tigray-streek in Ethiopië.

Die Tigray-konflik van 2020 is 'n voortslepende gewapende konflik wat in November 2020 in die Tigray-streek van Ethiopië begin het, tussen die spesiale magte van die Tigray-streek (gelei deur die Tigray People's Liberation Front) en die Ethiopiese Nasionale Weermag, in alliansie met die Amhara-streek se spesiale magte.[1] Vuurpylaanvalle het oorgespoel na die naburige Amhara-streek en die buurland Eritrea.

Die konflik het gespruit uit die poging van die Ethiopiese eerste minister Abiy Ahmed om die land se politiek van etniese federalisme te verander, 'n magsdelingstelsel wat gebaseer was op etnisiteit wat streeksbeheer gee aan individuele etniese groepe wat voorheen gemarginaliseer was, maar ook een wat die Tigray-minderheid bevoordeel het op federale vlak. Deur die etniese en streekgebaseerde partye van die Ethiopian People's Revolutionary Democratic Front, wat 30 jaar lank Ethiopië regeer het, saam te voeg tot 'n landwye Prosperity Party, het Abiy die mag van die Tigray People's Liberation Front (TPLF) bedreig, 'n militêre en politiek magtige entiteit binne Ethiopië, wat volgens etnisiteit ongeveer 6% van die bevolking verteenwoordig. Die TPLF het geweier om by die nuwe party aan te sluit en spanning tussen die twee geskep, wat verder toegeneem het toe 'n betwiste verkiesing in Tigray in September gehou is - in weerwil van die federale regering, wat die nasionale verkiesing weens die Covid-19-pandemie uitgestel het.[2]

Die onmiddellike oorsaak van die konflik was 'n vermeende aanval op die vierde van die maand deur die georganiseerde Tigray-magte op die hoofkwartier van die Noordelike Bevel van die Ethiopiese Nasionale Weermag (ENDF), die verdedigingsvleuel van die regering van Ethiopië.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Paravicini, Giulia; Endeshaw, Dawit (4 November 2020). "Ethiopia sends army into Tigray region, heavy fighting reported". Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2020. Besoek op 4 November 2020.
  2. "Ethiopia's Tigray region defies PM Abiy with 'illegal' election". France24. 9 Augustus 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2020. Besoek op 9 November 2020.

Skakels[wysig | wysig bron]