Tobol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Tobol
Historiese opname van die Tobol se monding in die Irtisj in Tobolsk, 1912
Historiese opname van die Tobol se monding in die Irtisj in Tobolsk, 1912
Ob watershed.png
Die stroomgebied van die Tobol
Oorsprong Toergai-Hoogland
Monding Tobolsk, Tjoemen-oblast, Rusland
Irtisj
Stroomgebied Kasakstan, Rusland
Lengte 1 591 km (989 myl)
Oorspronghoogte 273 m (896 voet)
Mondinghoogte 35 m (115 voet)
Gemiddelde afloop 805 m³/s (28 400 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 426 000 km² (164 000 myl²)
Kaart van die Tobol-bekken in Asië
Kaart van die Tobol-bekken in Asië

Die Tobol (Kasaks: Тобыл, Tobyl; Russies: Тобол) is die tweede grootste sytak van die Irtisj (net na die Isjim), op sy beurt 'n sytak van die Ob in Siberië en Noord-Asië. Die rivier, met 'n lengte van 1 591 km, ontspring in die Toergai-Hoogland, Kasakstan. Aansluitend vloei die rivier, in Kasakstan Tobyl genoem, in 'n noordoostelike rigting en bereik die Russiese grens. Die Tobol vloei verder in 'n noordoostelike rigting deur die oblaste Koergan en Tjoemen. Koergan is die grootste stad langs die Tobol se onderloop in Rusland. In Tobolsk mond die Tobol in die Irtisj uit.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tobol.
  • (en) "Tobol River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 Augustus 2019.