Irtisj

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Irtisj (Иртыш, 额尔齐斯河)
Die Irtisj in Omsk
Die Irtisj in Omsk
Oorsprong Oel-Toerghen-Ge (grens Mongolië-China)
Monding Ob by Chanti-Majsijsk
Stroomgebied China,Kazachstan,Rusland
Lengte 4248 kilometers
Mondinghoogte 17,8
Stroomgebiedopp. 1 643 000 km2

Die Irtísj (Kazachs: Ертіс, Russies:Ирты́ш, Chinees 额尔齐斯河 — É'ěrqísī hé) is 'n rivier wat sy bron op die Mongools-Sjinese grens het en deur die Xinjiang Oeigoer Outonome Gewes, Kazachstan en Rusland na die Ob-rivier stroom.

Dit is die grootste linkersyrivier van die Ob.[1] Met sy lengte van 4248 km is die Irtisj langer as die Ob self. Van die Irtisj se bron tot die Ob se monding is 5410 km, wat die langste rivier van Rusland en die tweede langste rivier van Asië is.

Geografie[wysig | wysig bron]

Die Irtisj se stroomgebied

Die Irtisj is die langste syrivier van die wêreld. Sy bron lê op die grens van Mongolië en China op die oostelike helling van die Mongoolse Altaj-gebergte.

Die rivier bereik Kazachstan en het daar die naam Эрцисыхэ, die Swart Irtisj. In Kazachstan is die enigste brug oor die Swart Irtisj in die rajon van Boran.[2]

Die Swart Irtisj mond uit in 'n meer, die Zajsan-meer en vorm daar 'n groot delta. Talle ander riviere mond vanuit die Roedniese Altaj en die kranse van Tarbaghataj en Saoer hierin uit. Versterk deur hierdie waters vloei die Irtisj in die noordweste na die Boegtarminski-dam en die stad Serebrjansk. Verder vloei dit na die Sjoeljbinski-dam en die stad Semej.

Die Swart Irtisj (Эрцисыхэ) in die nedersetting Кёктокай

Effens hoër as Pavlodar en ontvang die Irtisj-Karaganda-kanaal wat na die weste vloei water van die Irtysh. In die gebied van Chanti-Mansijsk bereik die Irtisj die Ob.

Hidrologie[wysig | wysig bron]

Die rivier word gemeng gevoed: sy bolope ontvang water van sneeu en ys; minder van reën, die benedeloop kry dit van sneeu, reën en van grondwater. Die vloed begin in sy bolope in April en bereik sy hoogtepunt van April-Junie en neem af tot Oktober. Die vloei is gereguleer. Die gemiddelde afloop In Oest-Kamenogorsk is 628 m³ / s, in Semej meer as 960 m³ / s, in Omsk 917 m³ / s, in Tobolsk 2150 m³ / s by die monding meer as 3000 m³ / s. Die jaarlikse vloei is ongeveer 95 kubieke kilometer.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Crystal txt.png Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Russiese Wikipedia. Sien bron.

Koördinate: 47°24′52,30″N 90°12′55,96″O / 47.40000°N 90.20000°O / 47.40000; 90.20000