Noord-Asië
Noord-Asië
Oppervlak | 20 000 000 km² |
---|---|
Bevolking | 33 765 005 (2017) |
Lande | 1 ( Rusland) |
Tale | Russies, Eskimo-Aleoeties, Mongools, Oeraals, Toengoesies, Turks en baie ander |
Tydsones | UTC+05:00 (Jekaterinburg) tot UTC+12:00 (Kamtsjatka-skiereiland) |
Belangrike stede | Barnaoel Chabarofsk Irkoetsk Jakoetsk Jekaterinburg Kemerowo Krasnojarsk Nowokoeznetsk Nowosibirsk Omsk Tjoemen Tomsk Tsjeljabinsk Wladiwostok |
Die uitgestrekte Siberië beslaan feitlik die hele Noord-Asië. 60°0′N 105°0′O / 60.000°N 105.000°O |
Noord-Asië of Noordelike Asië (Russies: Северная Азия, Severnaya Aziya), soms ook Siberië genoem, is 'n geografiese gebied in die noorde van Asië. Dit bestaan uit Siberië en die Russiese Verre-Ooste in die Russiese gedeelte van Asië, 'n gebied oostelik van die Oeralgebergte. Ná die gebied word soms as Asiatiese Rusland verwys, in teenstelling met die kleiner, maar digterbevolkte Europese Rusland in die weste. Die totale bevolking van Noord-Asië is sowat 33 miljoen en dit beslaan 'n oppervlakte van sowat 20 000 000 km². Noord-Asië maak sowat 75% van Rusland se totale gebied uit, maar net 22% van sy totale bevolking.
Noord-Asië grens in die weste aan Oos-Europa, in die suidweste aan Sentraal-Asië, en in die suide aan Mongolië en die Volksrepubliek China. In die ooste is die noordelike deel van die Stille Oseaan geleë, in die noordooste word Noord-Asië deur die Beringstraat van Noord-Amerika (Alaska) geskei en in die noorde is die Arktiese Oseaan geleë. In die noordweste grens Noord-Asië aan die Karasee, in die noorde aan die Laptefsee, in die noordooste aan die Oos-Siberiese See en die Tsjoekotkasee, in die ooste aan die Beringsee, en in die suidooste aan die See van Ochotsk en die See van Japan. Belangrike eilande langs die kus sluit in (kloksgewys van noordwes tot suidoos) Nowaja Zemlja, Sewernaja Zemlja, die Nieu-Siberiese Eilande, Wrangeleiland en Sachalin. In die suide is die Baikalmeer geleë.
Van Noord-Asië se belangrikste riviere sluit in Aldan, Anadirrivier, Angara, Argoen, Indigirka, Kolima, Olenjok, Oljokma, Selenga, Tsjoelim, Wiljoei, Witim en Zeja.
Polities is Noord-Asië verdeel in drie federale distrikte van Rusland: Federale Distrik Oeral, Siberiese Federale Distrik en die Verre-Oosterse Federale Distrik.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Noord-Asië.
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |