Uli Aschenborn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'Morfo-Skulptuur': ”Manlike Lewenssiklus”, Kinetiese Kuns, 2003, 40 x 40 x 40 cm] - sien hierdie video
Lewendige Tekening, Kinetiese Kuns, die oë van die getekende Ovahimba Vrou draai altyd na die kyker - sien hierdie video
Buffel wat leeu storm, 2006, 80 x 100 cm
Pontok Berge - Namibia, 2007, 100 x 150 cm
Leeu wat storm, Kinetiese Kuns (dit is dieselfde kunswerk van drie kante af bekyk - gedoen in die eie 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn net met sand en verf), 2007, 100 x 80 cm
Kinetiese Kuns, Dobbelsteen, wat een, twee of drie kolle wys - afhanklik, van waar 'n mens hierdie (enkel) skildery bekyk - gedoen in die 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn, 2007, 40 x 30 cm
Renoster wat storm, Kinetiese Kuns (dit is dieselfde kunswerk van drie kante af bekyk - gedoen in die 'verkleurmannetjie-tegniek' van Uli Aschenborn), 2007, 100 x 100 x 4 cm
Kinetiese Kuns, Glassteen met vis, 2005, 21 x 21 x 21 cm
Krater of Berg, (dieselfde tekening op die kop gedraai) – vertoon in die Suermondt-Ludwig-Museum tydens die 'Winteruitstalling' in 1975
Ets wat op die kop gedraai kan word. Dit wys talle persone en gesigte by noukeurige bekyking, 2005, 12 x 12 cm

Die kunstenaar Uli Aschenborn (Hans Ulrich Aschenborn) is in 1947 in Johannesburg Suid-Afrika gebore |1| |4|.

Sy pa Dieter Aschenborn en sy oupa Hans Anton Aschenborn (of Hans Aschenborn) is albei bekende kunstenaars in Suider-Afrika |2| |3| |12|. Ook is Uli een van die bekendste kunstenaars van Namibië en soos sy pa en oupa bekend veral vir dinamiese diereskilderye en landskappe van Afrika |8| |9| |11|. Daar is in Windhoek ook ’n Aschenbornstraat. Uli wat in Aachen Duitsland lewe, begin ook alhoemeer bekend raak in Europa |11|.

Uli geniet aansien as 'n restoureerder van Afrikaanse en Europese skilderye, en het ook 'n paar merkwaardige muurskilderye in Namibië gedoen (soos by Düsternbrook, Okapuka, die Cañon Lodge, Kings Den en meer). Hy het ook al verskeie hekke ontwerp |9|.

Uli kyk terug op 'n suksesvolle loopbaan as kunstenaar en die feit dat hy talle nuwe, interessante tegnieke ontwikkel het om 'n verskeidenheid skilderye, beelde en voorwerpe te skep wat voor jou oë van voorkoms kan verander. Die media beskryf dié innovering as "Uli Aschenborn's Amazing Changing Art" |9| |11|.

Uli se nuwe werk - wat 2006 in die Nasionale Kunsgalery van Namibië in Windhoek uitgestal was - bestaan onder meer uit sy innoverende beelde wat om 'n aslyn draai. Die silhoeët vertoon dus 'n verandering. 'n Sprekende voorbeeld hiervan is 'n roterende beeld in silhoeëtvorm wat die voortdurende verandering van 'n jong dame na 'n ou vrou uitbeeld, of 'n aap wat in 'n mens omskep word. Dit word selfs duideliker uitgebeeld wanneer hierdie sogenaamde 'Morfo-Skulpture' verlig word sodat die skaduwees op 'n muur val (sien video links bo) |8|.

Tot Uli se nuwe werk behoort ook poli-aspek skilderye. Van hierdie werke roteer om 'n aslyn en kan van verskillende kante bekyk word. Elke kant beeld 'n verskillende tema uit. Sommige vertoon kleiner voorwerpe in verskillende lae uit wat soos 'n legkaart saamgestel is. Dit kan baie ingewikkeld wees, soos die been van 'n vrou wat terselfdertyd die voorkop van 'n man kan wees, of dalk die neus van iets anders, en so voorts (sien heel onder) |8|.

Nog 'n rits werke is helder tekeninge wat onder glasstene monteer is. Uit elke oogpunt verander die enkele beeld in iets heeltemal anders. Een daarvan is 'n vis wat lyk asof hy onder water swem. Afhangend van hoe dit gedraai word, lyk dié vis eers vriendelik, dan kwaad, dan skrik hy, op 'n stadium gaap hy selfs oopmond (sien foto onder) |8|.


Toekennings

  • 1964 Wenner van die "Kunswedstryd Suidwes-Afrika"
  • 1978 Borchers-toekenning


Uitstallings (keuse) |1|


Groepuitstallings (keuse) |1|

Bronnelys en verwysings - Eksterne skakels


Boeke