Usakos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Usakos
'n Lugbeeld van Usakos in 2018
'n Lugbeeld van Usakos in 2018
Usakos is in Namibia
Usakos
Usakos
Koördinate: 22°0′S 15°36′O / 22.000°S 15.600°O / -22.000; 15.600Koördinate: 22°0′S 15°36′O / 22.000°S 15.600°O / -22.000; 15.600
LandVlag van Namibië Namibië
StreekErongo
Bevolking
 • Totaal10 077

Usakos is 'n dorpie in Namibië, 30 km wes van Karibib en 150 km noordoos van Swakopmund. Dit het ontwikkel uit werkswinkels van 'n kopermynmaatskappy en spoorwegwerkswinkels. Die dorp is onder die Duitse bewind gestig en van 1927 af deur 'n dorpsbestuursraad geadministreer tot munisipale status in 1948 toegeken is. Die naam kom uit Nama en beteken waarskynlik “die plek wat die hoef gryp”, wat verwys na die taai, geel klei by die plaaslike fontein. In die onlangse verlede het die dorp die naburige Karibib se status as kommunikasiesentrum oorgeneem. Die geskatte bevolking in 2006 was 10 077. Usakos is die geboorteplek van Björn von Finckenstein, 'n voormalige burgemeester van Windhoek.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
  • Rosenthal, Eric (hoofred.), Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Frederick Warne & Co. Ltd., Londen en New York, 1972.
  • Mayhew, Vic (red.), Illustrated Guide to Southern Africa, Reader's Digest, Kaapstad, 1980.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]