Karibib

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Karibib
KaribibBahnhof,.jpg
Official seal of Karibib
Seël
Ligging van Karibib op 'n kaart (Namibië)
Karibib
Karibib
Koördinate: 21°56′17″S 15°51′16″O / 21.93806°S 15.85444°O / -21.93806; 15.85444Koördinate: 21°56′17″S 15°51′16″O / 21.93806°S 15.85444°O / -21.93806; 15.85444
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek Erongo
Distrik Karibib
Stigting 11 Julie 1849
Bevolking (2010)
 - Dorp 3 800
Tydsone WAT (UTC+1)
 - Somer (DST) WAST (UTC+2)
Karibib, Pontok - tradisionele huis, aan die einde van die 19de eeu.
Seëls vir die Duitse Suid-Wes-Afrika geposmerk Karibib 1900
'n Kerk op Karibib, ontwerp deur die argitek Gottlieb Redecker en ingewy in 1910.
Huis Roesemann op Karibib, Namibië.
Die eertydse Handelshaus Eduard Hälbich d.J., 2014

Karibib is 'n dorpie in Namibië, 192 km noordwes van die hoofstad, Windhoek, 32 km oos van Usakos en 66 km suid van Omaruru.

Dit het eers as 'n handelspos ontwikkel en van 1902 as 'n Rynse sendingstasie. Die naam kom van Khoenkhoen-oorsprong en verwys na 'n soort plant van die spesie Moraea in die omgewing. Die dorpie is wyd bekend vir die marmer van hoë gehalte wat hier in steengroewe ontgin word en tydens die Duitse bewind na Suid-Amerika en elders uitgevoer is. In die onlangse verlede het Usakos die dorp se status as kommunikasiesentrum oorgeneem, hoewel Karibib 'n lewendige markdorp bly. Danksy die spoorlyn wat deur die middel van die dorpie loop, het dit sy pioniersatmosfeer tot 'n groot mate behou. Die geskatte bevolking in 2010 was 3 800.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
  • Rosenthal, Eric (hoofred.), Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Frederick Warne & Co. Ltd., Londen en New York, 1972.
  • Mayhew, Vic (red.), Illustrated Guide to Southern Africa, Reader's Digest, Kaapstad, 1980.

Sien ook[wysig | wysig bron]