Valiant Swart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Valiant Swart
Valiant Swart.jpg
Valiant Swart tydens 'n optrede.
GeboortenaamPierre Nolte
Geboorte25 November 1965
Genre(s)Alternatiewe rock
Punk-rock
Blues
Aktiewe jare1990 – nou
EtiketteRhythm Records, Select
Webwerfvaliant.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Valiant Swart (gebore 25 November 1965) is 'n Afrikaanse musikant en akteur van Stellenbosch, Suid-Afrika. Sy debuutalbum, Die Mystic Boer, is in 1995 deur Rhythm Records uitgereik.

Swart se naam is volgens die musikant 'n verwysing na die swart Valiant wat sy pa gery het toe hy nog kind was. Swart se grootste treffer, "Die Mystic Boer" toon ooreenkomste met die gedig "Raka" van NP van Wyk Louw en spreek kwessies rondom die identiteit van die Afrikaner en sy soeke na 'n nuwe besef aan. Swart is naas Koos Kombuis een van die kunstenaars wat die meeste by die jaarlikse Oppikoppi-musiekfeeste in Northam opgetree het.

Hy was ook 'n hoofakteur in die TV-reeks "Song vir Katryn" en het 'n reisprogram oor jazzmusiek vir kykNET genaamd 40 dae deur die Delta, asook 'n kuier/reisprogram Mooiloop, vervaardig.

In 2008 word hy saam met Ollie Viljoen met 'n SAMA-toekenning vir hulle album Vuur En Vlam in die kategorie Beste Afrikaanse Tradisionele Album bekroon.[1]

Diskografie[wysig | wysig bron]

Ateljeealbums[wysig | wysig bron]

DVD's[wysig | wysig bron]

  • 2007: Vuur & vlam DVD

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]