Vinger-en-duim

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Vinger-en-duim
Dactylopsis digitata - prev Phyllobolus digitatus - finger and thumb plant 5.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
D. digitata
Binomiale naam
Dactylopsis digitata
(Aiton) N.E.Br.
Sinonieme
  • Mesembryanthemum digitatum Aiton,
  • Mesembryanthemum digitatum Thunb.,
  • Mesembryanthemum digitiforme Thunb.,
  • Phyllobolus digitatus (Aiton) Gerbaulet

Die vinger-en-duim (Dactylopsis digitata (Aiton) N.E.Br.) is 'n vetplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig (LC) gelys en dié lys vermeld twee subspesies:

  • Dactylopsis digitata (Aiton) N.E.Br. subsp. digitata [1]
  • Dactylopsis digitata (Aiton) N.E.Br. subsp. littlewoodii (L.Bolus) Klak.[2]

D.d. digitatus is groter (10 tot 20 cm hoog) en kom naby Vanrhynsdorp en Vredendal voor. D.d. littlewoodii is kleiner (<10 cm) en kom noord van Vanrhynsdorp voor. Dit word ook nie groter wanneer daar goeie reëns gewees het nie. Die plante het twee silindervormige, ongelyke blare wat lyk as 'n vinger en 'n duim. Die blare is met blaasselle bedek wat ongeveer 1 mm hoog en diggepak is. Die wortel is 'n bietjie verdik. Die blomme word 10 – 20 mm in deursnee en die blomblaartjies is wit tot room. Die blommetjies bly dag en nag oop. Die vygie kom op skalie voor wat met kwartsklippies bedek is.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. SANBI-rooilys.
  2. SANBI-rooilys.
  3. Illustrated Handbook of Succulent Plants: Aizoaceae F-Z, Heidrun E.K. Hartmann, Springer Science & Business Media, 2002, ISBN 3-540-41723-0, ISBN 978-3-540-41723-1, bls. 208-209

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]