Vingerpol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Vingerpol
Euphorbia caput medusa PICT3430.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
E. caput-medusae
Binomiale naam
Euphorbia caput-medusae

Die vingerpol (Euphorbia caput-medusae) is 'n struik wat tot die genus Euphorbia behoort en kom ook saam met fynbos voor. Die struik kom in die Noord-Kaap en Wes-Kaap voor. Dit is 'n struik wat tot 40 cm hoog word. Die takke word 10 tot 30 mm in deursnee. Dit gee 'n melksap af wanneer dit beskadig word. Die blare is smal, vlesig en verwelk gou. Die blomhofies word omring deur diep gefraiingde groen en wit kliere wat soos kroonblare lyk, dit is 12 - 20 mm in deursnee.

Die struik kom voor op sanderige gelyktes langs die kus en klipperige hange, vanaf Oranjemund tot by die Kaapse Skiereiland en ook by Mosselbaai.

Die naam medusae verwys na Medusa se kop, wat se kop met slange bedek was.

Galery[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]