Vliegtuigontvoering 'Landshut'

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Landshut, was 'n Duitse Lufthansa-vliegtuig wat op 13 Oktober 1977 tydens vlug LH181 vanaf Palma de Mallorca, Spanje, na Frankfurt am Main, Duitsland, deur die Rote Armee Fraktion geskaak is. Die skaking was deel van 'n reeks gebeure wat as die Duitse Herfs bekend staan. Die kaptein, Jürgen Schumann, is in Aden (Jemen), deur die terroriste doodgeskiet en uit die vliegtuig gegooi.

Op 18 Oktober 1977 is al die ander 86 gyselaars deur 'n Duitse spesiale eenheid GSG 9 onbeseer bevry; slegs 'n enkele terroris (van vier - 2 mans en 2 vroue) aan boord oorleef die insident.

Deur die sukses van die operasie word die tot daartoe onbekende Duitse spesiale eenheid, GSG 9, skielik internasionaal bekend.

Die vliegtuig, 'n Boeing 737-230C met die reeksnommer 20254-230 en die Duitse kenteken D-ABCE, was tot 1985 by die Duitse lugdiens Lufthansa in diens en doen nou in verskeie instansies diens in Indonesië en Maleisië, by die Brasiliaanse lugdiens TAF Linhas Aéreas, as 'n vragvliegtuig onder die kenteken PT-MTB. Die naam "Landshut" word nog steeds deur Lufthansa gebruik vir 'n Airbus A330.[1]

Om die Britse regering te bedank vir hulle ondersteuning, het die Wes-Duitse regering hulle eie voorstel van die beplande fusie-eksperiment, JET, in Garching by München op die perseel van die Max Planck-instituut vir plasmafisika te bou, teruggetrek en eerder die Britse voorstel in Culham [2] toegestem en ondersteun.

Verfilming[wysig]

In Augustus 2007 het bekend geword, dat die eerste Duitse TV-Kanaal ARD die Drama op die Landshut sal verfilm. Vir die TV-film Mogadishu Welcome, met uitsending wat vir 2008 beplan is, is die skouspelers Thomas Kretschmann as pilot Jürgen Schumann, Christian Berkel in die rolle van die bondskansellier Helmut Schmidt asook Nadja Uhl as vliegwaardin Gabriele Dillmann en Jürgen Tarrach as Hans-Jürgen Wischnewski gekontrakteer. Die rolle van die co-piloot van die Landshut, Jürgen Vietor, kon met Simon Verhoeven gevul word.[3]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  1. Name van Lufthanse-vliegtuie
  2. Denis Willson: A European Experiment: The Launching of the JET Project. Hilger, Bristol 1981. ISBN 0852745435
  3. http://www.welt.de/berlin/article1144910/Thomas_Kretschmann_spielt_Landshut-Pilot.html