Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin
Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin (voorheen bekend as die Witwatersrand Nasionale Botaniese Tuin) is 'n 300 hektaar (3 km²) botaniese reservaat in Roodepoort in die noordweste van Johannesburg. Dit is amptelik in 1982 gestig; dus een van die jongste van Suid-Afrika se nasionale botaniese tuine, maar die plek waar dit geleë is, was baie dekades lank reeds gewild by besoekers. Die tuin is die tuiste van 'n bekende paar witkruisarende wat nes gemaak het in die Roodekransrif wat deur die reservaat loop. Die tuin het 'n restaurant, geskenkwinkel en kwekery wat Suid-Afrikaanse inheemse plante verkoop. Die tuin is ook bekend as een van die mooiste botaniese tuine in die wêreld omdat dit 'n waterval insluit wat dig teenaan wye groen grasperke neertuimel.[1]
Ligging
[wysig | wysig bron]Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin se toegangshek en parkeerterrein is geleë in Beaconweg, Poortview, Roodepoort.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI)
- Kirstenbosch in Kaapstad.
- Pretoria Nasionale Botaniese Tuin
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Best Botanical Gardens: 13 Stunning Arboretums Around The World". Huffington Post. 13 September 2012. Besoek op 20 Desember 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Walter Sisulu National Botanical Garden. |
- Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (en)
- Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin se tuisblad (en)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |