Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin

Die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin beskerm vetplante en ander inheemse plante uit die woestyn- en halfwoestynstreke van Suider-Afrika.

Ligging[wysig | wysig bron]

Die tuin lê aan die noordekant van die dorpsgebied van Worcester en aan die voet van die Hexrivierberge. Dit is dus in die winterrreënvalstreek.

Flora en fauna[wysig | wysig bron]

In die tuin van 154 ha kom 400 plantspesies (veral vygies) natuurlik voor. Drie honderd beskermde spesies word hier versorg vir teeldoeleindes. Meer as 70 voëlspesies is hier al waargeneem. Verskeie klein soogdiere, onder andere die Kaapse grys duiker, word hier aangetref.

Galery[wysig | wysig bron]

Besoek[wysig | wysig bron]

Die beste tyd om die tuin te besoek is in die lente, veral in Augustus en September.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Karoo Tuin is in 1921 as die Logan Memorial Garden gestig op 'n plaas by die spoorweghalte Whitehill, 5 km van Matjiesfontein in die rigting van Laingsburg. Weens 'n akute tekort aan water is die tuin in 1945 na Worcester verskuif. Sedert 2001 dra die park die huidige naam.

Lees ook[wysig | wysig bron]

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • Willis, Christopher en Gideon Smith: From Whitehill to Worcester. Veld & Flora, Maart 2006.
  • www.sanbi.org

Koördinate: 33°36′58″S 19°27′03″O / 33.61611°S 19.45083°O / -33.61611; 19.45083