Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/17 Julie
Voorkoms
17 Julie: Grondwetdag in Suid-Korea (1948)
- 1815 – Napoleontiese Oorloë: Napoleon gee by Rochefort, Frankryk, aan Britse magte oor.
- 1936 – Die Spaanse Burgeroorlog, wat tot 1939 sou duur, begin met 'n militêre staatsgreep deur die regse nasionaliste onder generaal Franco in Spaans-Marokko.
- 1943 – Oorlede: Sir Patrick Duncan, die sesde goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika.
- 1976 – Die openingseremonie van die 21ste Olimpiese Somerspele in Montreal word in die wiele gery deur die onttrekking van 25 Afrika-lande uit protes teen Nieu-Seeland se deelname aan die spele omdat die land 'n rugbytoer na Suid-Afrika onderneem.
- 1998 – 'n Tsoenami, veroorsaak deur 'n ondersese aardbewing, verwoes 10 dorpies in Papoea-Nieu-Guinee, met 'n geskatte dodetal van 1 500.