Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Maart
Voorkoms
19 Maart: Sint Josefdag in Katolisisme en Vadersdag in verskeie lande
- 1279 – Die Song-dinastie in keiserlike China eindig met 'n Mongoolse oorwinning in die Slag van Yamen.
- 1915 – Die dwergplaneet Pluto word vir die eerste keer gefotografeer 15 jaar voor dit amptelik deur Clyde Tombaugh by die Lowell-sterrewag ontdek is.
- 1932 – Die Sydneyhawebrug, 'n belangrike landmerk in Sydney, Australië, word formeel geopen.
- 1982 – Die Falklandoorlog begin met die Argentynse besetting van Suid-Georgië.
- 1998 – Makhaya Ntini word Suid-Afrika se eerste swart nasionale krieketspeler toe hy die land verteenwoordig in 'n toetswedstryd teen Sri Lanka op die Wanderers.