Toetskrieket

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Toetswedstryd tussen die Proteas en Engeland in Januarie 2005. Die mans in swart broeke is die skeidsregters. Krieket word tradisioneel in wit klere en met 'n rooi bal gespeel.

Toetskrieket is die krieket se langste formaat. Dit word gesien as die beste manier om die vernuf van toetsspelende lande te toets. Afgesien die gewildheid van die korter krieketformate (Internasionale eendagwedstryd en Twintig20) onder toeskouers, het toetskrieket nog steeds die hoogste aansien. Die naam "Toets" kom waarskynlik van die idee dat wedstryde "'n toets van sterkte en bevoegdheid" van die betrokke spanne is. Die woord "toets" was die eerste gebruik tussen die besoekende Engelse span teen die Australiërs in 1861/62. Die eerste amptelike toets is op 15 Maart 1866 tussen Engeland en Australië op die Melbourne Cricket Ground gespeel, Australië het met 45 lopies gewen. Engeland het die tweede toets gewen met 4 paaltjies om sodoende die reeks 1-elk te deel.

Reëls van die spel[wysig]

Toetskrieket word tussen twee spanne van elf spelers elk oor 'n maksimum van 5 dae gespeel. Elke dag het gewoonlik 3 twee-uur sessies, met 'n 40-minute etensbreuk en 'n 20-minute teetyd.

Die span wat die loot wen kan besluit om eerste te kolf, of om veldwerk te doen. Die span wat eerste kolf, kolf totdat al 10 hulle paaltjies kantel (een laaste kolwer bly altyd "nie uit nie") of die kaptein besluit om nie verder te kolf nie (beurt gesluit verklaar). Die span wat veldwerk gedoen het moet dan kom kolf. Indien die tweede span uitgehaal word vir 200 lopies minder as die eerste span, kan die kaptein van die eerste span besluit om die tweede span weer te laat kolf (opvolg) of om die voorsprong te vergroot deur self weer te kolf.

Altwee spanne kolf twee keer in 'n wedstryd. Na die tweede kolfbeurt van die eerste span word 'n teiken gestel wat die ander span moet verbysteek om die toets te wen. As die ander span uitgehaal word voordat die teiken bereik is, wen die eerste span. Indien die tyd verstreke is op die vyfde dag en die teiken is nie behaal nie, word die toets gelykop verklaar. Indien die teiken behaal word voordat die tyd uitloop op die vyfde dag, wen die span wat laaste gekolf het met die aantal paaltjies wat oorbly. Indien die span wat laaste kolf uitgehaal word voor die tyd vestreke is, wen die eerste span met die hoeveelheid lopies wat nog behaal moes word.

Die tien deelnemende lande[wysig]

  • Vlag van Australië Australië (sedert 15 Maart 1877)
  • Vlag van Engeland Engeland (sedert 15 Maart 1877)
  • Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970, weer seder 18 April 1992)
  • Wes-Indië (sedert 23 Junie 1928)
  • Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (sedert 10 Januarie 1930)
  • Vlag van Indië Indië (sedert 25 Junie 1932)
  • Vlag van Pakistan Pakistan (sedert 16 Oktober 1952)
  • Vlag van Sri Lanka Sri Lanka (sedert 17 Februarie 1982)
  • Vlag van Zimbabwe Zimbabwe (tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004, 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer seder 3 Augustus 2011)
  • Vlag van Bangladesj Bangladesj (sedert 10 November 2000)

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Toetskrieket (kategorie)