Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Junie
Voorkoms
- 1810 – Oorlede: Joseph Michel Montgolfier, een van die uitvinders van die warmlugballon.
- 1830 – William IV bestyg die troon van die Verenigde Koninkryk.
- 1940 – Onder die Molotof-Ribbentrop-verdrag gee die Sowjetunie Roemenië 'n ultimatum wat vereis dat dit van grondgebied afstand doen.
- 1945 – Die stigtingsakte van die Verenigde Nasies word in San Francisco, Kalifornië, geteken.
- 1955 – Die Vryheidsmanifes word onderteken in Kliptown, Soweto.
- 1959 – Die Sint-Laurens-seeweg, 'n stelsel kanale wat die Groot Mere met die Atlantiese Oseaan verbind, word amptelik geopen.