26 Junie
Voorkoms
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
26 Junie is die 177ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (178ste in skrikkeljare). Daar volg nog 188 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 684 – Pous Benedictus II volg Pous Leo II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1409 – Die konsilie van Pisa verkies Teenpous Alexander V as pous. Omdat die afsetting van die regerende pouse nie gewerk het nie, is daar nou drie pouse gelyktydig.
- 1483 – Richard III word die koning van Engeland.
- 1529 – Die Vredesverdrag van Kappel. Die Switserse Bondgenootskap laat die kerkgemeentes toe om self tussen Protestantisme en die Katolieke kerk te kies. Katolieke en Protestantse soldate eet na die verdrag saam 'n melksop ("Kappeler Milchsuppe").
- 1721 – Zabdiel Boylston begin inenting teen pokkies in Amerika.
- 1749 – Pous Benedictus XIV publiseer Apostolica Constitutio ter voorbereiding van die Heilige Jaar 1750.
- 1754 – Pous Benedictus XIV publiseer Cum Religiosi oor godsdiensonderrig.
- 1827 – Pous Leo XII publiseer Dirae Librorum teen wêreldse literatuur.
- 1860 – Die eerste stukkie spoorlyn in Suid-Afrika, die 3 km lange lyn van die Punt na Durban, word vir verkeer oopgestel.
- 1919 – Die eerste NG gemeente in die latere Zambië in Lusaka gestig.
- 1923 – Die eerste 24 uur Le Mans motorwedren vind plaas.
- 1924 – Besettende magte van die Verenigde State verlaat die Dominikaanse Republiek.
- 1945 – Die grondwet van die Verenigde Nasies geteken.
- 1948 – Die Westerse geallieerdes begin 'n lugbrug na Wes-Berlyn na 'n blokkade deur die Sowjetunie.
- 1959 – Die Sint-Laurens-seeweg, 'n stelsel kanale wat die Groot Mere met die Atlantiese Oseaan verbind, word amptelik geopen.
- 1960 – Madagaskar word van Frankryk onafhanklik.
- 1976 – CN-toring in Toronto, Kanada, geopen – dit was toe die hoogste gebou ter wêreld.
- 1977 – Elvis Presley hou sy laaste konsert.
- 1979 – Muhammad Ali tree af.
- 2000 – Bangladesj word 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR).
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1806 – Antjie Scheepers, Afrikanerpioniersvrou († 1878).
- 1824 – William Thomson, Britse fisikus († 1907).
- 1908 – Salvador Allende, Chileense president († 1973).
- 1925 – Pawel Beljajef, ruimtevaarder († 1970).
- 1926 – Louis Pienaar, Suid-Afrikaanse regter, diplomaat en die laaste blanke administrateur van Suidwes-Afrika († 2012).
- 1927 – Ben Turok, professor in ekonomie, ANC aktivis en voormalige lid van die parlement († 2019).
- 1933 – Claudio Abbado, Italiaanse dirigent († 2016).
- 1938 – Neil Abercrombie, sewende goewerneur van Hawaii.
- 1939 – Ampie Coetzee, letterkundige en professor in Afrikaans-Nederlands aan die universiteite van die Witwatersrand en die Wes-Kaap († 2020).
- 1943 – Pierre Fourie, Suid-Afrikaanse bokskampioen († 1980).
- 1947 – Peter Sloterdijk, Duitse filosoof en kultuurteoretikus.
- 1956 – Chris Isaak, Amerikaanse sanger.
- 1957 – Ryk Hattingh, Suid-Afrikaanse skrywer († 2017).
- 1957 – Franci Greyling, professor in Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit en skrywer van jeugverhale.
- 1959 – Connie September, Suid-Afrikaanse politikus, voormalige kabinetsminister.
- 1961 – Greg LeMond, Amerikaanse fietsryer en wenner van die Tour de France.
- 1968 – Jovenel Moïse, Haïtiaanse president († 2021).
- 1988 – Trisha Chetty, Suid-Afrikaanse internasionale vrouekrieketspeler.
- 1988 – Amanda Du-Pont, Suid-Afrikaanse filmster.
- 1993 – Ariana Grande, Amerikaanse vermaaklikheidster.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 313 – Pous Achilles van Alexandrië 18de patriarg van die Kerk in Alexandrië. (* ?).
- 363 – Keiser Julianus (* 331).
- 1541 – Francisco Pizarro, Spaanse veroweraar (* omtrent 1476 of 1478).
- 1704 – Hercules van Loon, die twaalfde leraar wat in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (* circa 1668).
- 1795 – Jakob Friedrich Ehrhart, Duitse plantkundige en direkteur van die Botaniese Tuin van Hannover (* 1742).
- 1830 – George IV, Britse koning (* 1762).
- 1856 – Max Stirner, Duitse filosoof (* 1806).
- 1922 – Albert I van Monaco (* 1848).
- 1934 – Sir Godfrey Lagden KCMG KBE, 'n Britse koloniale administrateur in Afrika (* 1851).
- 1939 – Ford Madox Ford, Engelse romansier, digter, kritikus en redakteur (* 1873).
- 1942 – Carola Neher, Duitse toneelspeler (* 1900).
- 1947 – Richard Bedford Bennett, Kanadese politikus (* 1870).
- 1949 – Kim Koo, Suid-Koreaanse onafhanklikheidsaktivis en politikus.
- 1967 – Françoise Dorléac, Franse aktrise en sangeres (* 1942).
- 1973 – John Cranko, Suid-Afrikaanse balletdanser, choreograaf, regisseur en balletleier (* 1927).
- 1993 – William H. Riker, Amerikaanse staatswetenskaplike (* 1920).
- 1996 – Veronica Guerin, Ierse joernalis (* 1958).
- 2003 – Strom Thurmond, Amerikaanse politikus (* 1902).
- 2010 – Algirdas Brazauskas, Litause ingenieur en politikus, 2de President van Litaue (* 1932).
- 2011 – Edith Fellows, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 2012 – Doris Singleton, Amerikaanse aktrise (* 1919).
- 2022 – Mary Mara, Amerikaanse aktrise (* 1960).
- 2022 – Frank Williams, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1931).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Verenigde nasies se dag van steun vir slagoffers van marteling.
- Feesdag van Pous Achilles van Alexandrië volgens die Kopties-Ortodokse kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 Junie. |