Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/28 Julie
Voorkoms
28 Julie: Feesdag van Pous Victor I in die Rooms-Katolieke Kerk; Onafhanklikheidsdag in Peru (1821).
- 1794 – Tydens die Franse Rewolusie word die terreurbewindleier Maximilien Robespierre met die valbyl tereggestel.
- 1914 – 'n Maand ná die moord op die troonopvolger van Oostenryk-Hongarye, Franz Ferdinand, word oorlog met Serwië verklaar en begin die Eerste Wêreldoorlog.
- 1976 – 'n Aardbewing van 7,8 op die Richterskaal verwoes Tangshan, Volksrepubliek China, met 242 769 sterftes en 164 851 beserings tot gevolg.
- 1984 – Openingseremonie van die 23ste Olimpiese Somerspele in Los Angeles, Verenigde State.
- 1990 – Alberto Fujimori word president van Peru en die eerste persoon van Oos-Asiese afkoms wat die uitvoerende hoof van 'n nie-Asiese land word.