Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/5 Maart
Voorkoms
5 Maart: Sint Piran-dag in Cornwall, Engeland.
- 1770 – Bostonslagting: Die gooi van sneeuballe na Britse soldate tydens 'n militêre besetting loop uit op geweld in Boston.
- 1824 – Die Verenigde Koninkryk verklaar amptelik oorlog teen Mianmar en begin daarmee die Eerste Anglo-Birmaanse Oorlog.
- 1918 – Bolsjewistiese Rusland skuif sy hoofstad van Petrograd na Moskou.
- 1946 – Die term "Ystergordyn" word vir die eerste keer in 'n openbare toespraak deur die Britse eerste minister Winston Churchill gebruik.
- 1953 – Die algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie se sentrale komitee, Josef Stalin, sterf in Moskou.