Wipneuskobra

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Wipneuskobra
Wipneuskobra02.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Genus:
Spesie:
N. annulifera
Binomiale naam
Naja annulifera
Peters, 1854

Die wipneuskobra (Naja annulifera) is 'n slang, is baie gevaarlik en kan die dood veroorsaak. Hy het bande oor die hele liggaam en is gelerig, bruinerig, gryserig, blou en swart. Die gemiddelde lengte van die slang is 1,2 tot 1,9 meter, maar wipneuskobras van so lank as 2,6 m is al opgemerk. Hulle kom meestal voor in droë en bedompige areas.

Wipneuskobra01.JPG

Hierdie kobra is een van die grootste kobras in Afrika. Hulle lê 9 tot 3 eiers in die vroeë somer. Hulle natuurlike vyande is voëls en ander slange. Hulle eet meestal soogdiere en paddas of akkedisse. Die wipneuskobra hou daarvan om in die son te lê en bak.

Die slang is bang vir mense. Hulle staan bak as hulle bedreig voel en pik na die grond. Die meeste mense word op die kuite gepik of op die hande, omdat mense die slange probeer doodmaak. Moet glad nie naby die slang kom as jy onervare is nie. As jy gepik word, gaan so vinnig as moontlik na die hospitaal om op 'n hart-en-long masjien te gesit te word. Wanneer jy uit die hospitaal ontslaan word, kan sferoïede pille help om die vel te laat teruggroei. Maak ook die bytplek gereeld skoon. As jy hierdie slang sien, bly so ver as moontlik van hom af.

Sien ook[wysig | wysig bron]