Witspikkel-koffervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Witspikkel-koffervis
'n Mannetjie
Bewaringstatus

Nie geëvalueer (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Tetraodontiformes
Familie: Ostraciidae
Genus: Ostracion
Spesie: O. meleagris
Binomiale naam
Ostracion meleagris
G. Shaw, 1796

Die Witspikkel-koffervis (Ostracion meleagris) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die kus van Oos-Afrika en suidwaarts tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Whitespotted boxfish.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 25 cm lank en die mannetjie en wyfie is verskillend gekleur. Die mannetjie is donker bruin met wit kolletjies op die rugkant en die laer sye is blou met oranje kolletjies. Die wyfies en onvolwassenes is swart met wit kolletjies op. Die vis se lyf word langer soos dit volwassenheid bereik.

Die vis leef in rotsbaaie en vlak aflandige riwwe in water wat 1 tot 30m diep is waar hulle onder rots oorhange bly. Hulle kom een-een of in pare voor. Die vis vreet alge, sponse en ongewerweldes.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 ISBN 978-1-86825-981-6
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]