Ъ

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cyrilliese letter Ъ
Italic Cyrillic letter Yer - uppercase and lowercase.svg
Cyrilliese alfabet
А Б В Г Ґ Д Ђ
Ѓ Е Ё Є Ж Ѕ З
И І Ї Й Ј К Л
Љ М Н Њ О П Р
С Т Ћ Ќ У Ў Ф
Х Ц Ч Џ Ш Щ Ъ
Ы Ь Э Ю Я    
Ou letters
Ҁ Ѹ Ѡ Ѻ Ѿ Ѣ IA  
Ѥ Ѧ Ѫ Ѩ Ѭ Ѯ Ѱ
Ѵ Ѷ Ѳ        

Ъ (kleinletter: ъ) of jer is ’n letter van die Cyrilliese alfabet wat in Russies en Bulgaars gebruik word. Dit het egter heeltemal verskillende funksies in dié twee tale. Die letter het in Ou Kerkslawies voorgekom en is toe jer genoem.

Die jer was oorspronklik ’n klinker en is nog steeds in Bulgaars, waar dit as /ɤ̞/ of as ’n sjwa (/ə/) uitgespreek word. In moderne Russies word dit die "harde teken" (твёрдый знак, twjordi znak) genoem en het dit geen klankwaarde nie; dit dui aan dat die voorafgaande letter "hard" of gewoon uitgespreek word en nie gepalataliseer nie.