Psi (Cyrillies)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cyrilliese letter Ѱ
Cyrillic letter Psi.png
Cyrilliese alfabet
А Б В Г Ґ Д Ђ
Ѓ Е Ё Є Ж Ѕ З
И І Ї Й Ј К Л
Љ М Н Њ О П Р
С Т Ћ Ќ У Ў Ф
Х Ц Ч Џ Ш Щ Ъ
Ы Ь Э Ю Я    
Ou letters
Ҁ Ѹ Ѡ Ѻ Ѿ Ѣ IA  
Ѥ Ѧ Ѫ Ѩ Ѭ Ѯ Ѱ
Ѵ Ѷ Ѳ        

Ѱ (kleinletter: ѱ) is ’n letter van die Ou Cyrilliese alfabet wat nog net in Kerkslawies gebruik word. Dit is afgelei van die Griekse letter psi (Ψ, ψ). Dit is /ps/ uitgespreek en is meestal in Griekse leenwoorde gebruik, veral met betrekking tot die Oosters-Ortodokse Kerk. Dit het ook die syfer 700 voorgestel.

Psi is in 1708 saam met ksi (Ѯ), omega (Ѡ) en joes (Ѧ) uit die Russiese alfabet gelaat met die hervormings van Pieter die Grote, en daarna ook uit ander nie-kerklike alfabette.