Asturies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Asturies
Asturianu
Gepraat in: Vlag van Spanje Spanje 
Gebied: Suid-Europa
Totale sprekers: 200 000[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Gallo-Iberies
    Iberoromaans
     Wes-Iberies
      Astur-Leonees
       Asturies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Asturias.svg Asturië
Gereguleer deur: Academia de la Llingua Asturiana
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: ast
ISO 639-3: ast 
Asturies in Spanje.

Asturies (Asturianu in Asturies) is 'n Romaanse taal wat in sommige dele van die Spaanse provinsie Asturië. In Asturië word die taal beskerm onder die wetgewing van die Outonome Status en is dit 'n keusevak op skool. Vanweë diglossie tussen Asturies en Spaans beskou sommige vakkundiges dit as 'n dialek van Leonees, maar deesdae word dit gesien as 'n aparte taal.

Die taal het uit Latyn ontwikkel met bydraes van die voor-Romaanse tale wat in die gebied van die Astures, 'n ou stam op die Iberiese skiereiland, gepraat is. Kastiliaans Spaans bereik die gebied later, in die 14de eeu, toe die sentrale regering gesante en amptenare stuur om politieke en kerklike posisies te beklee.

Sedert 1980 word daar baie moeite gedoen om Asturies te beskerm en te bevorder. Maar die toestand van die taal is kritiek, met 'n groot daling in die aantal sprekers in die laaste honderd jaar. Portugal het 'n verdere stap geneem ter beskerming deur die taal te erken.

Die weiering om Asturies amptelik te erken doen die taal niks goeds nie. Sprekers kan die taal nie in hulle daaglikse lewe gebruik nie omdat nog die regering, nog private-instellings dokumente in Asturies aanvaar nie, en nie gewoond is daaraan om aandag te skenk aan mense wat in Asturies met hulle wil kommunikeer nie. Sommige beweer dat Asturies oor twee generasies sal uitsterf.

Ondanks al die probleme wat die beleid van sowel die Asturiese as die Spaanse regering veroorsaak het, het die aantal jongmense wat Asturies aangeleer het en gebruik (veral as geskrewe taal) in die laatste paar jaar gestyg, veral onder intellektuele en polities aktiewe Asturiane en Leoneze wat trots is op hulle streeksidentiteit.

Aan die einde van die 20ste eeu het die Academia de la Llingua Asturiana aktiwiteite onderneem ter oorlewing van die taal: 'n grammatika, 'n woordeboek en tydskrifte . 'n Nuwe generasie skrywers is aktief in die taal.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Asturies


Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Wallonies | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova