Roemeens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Roemeens
limba română
Gepraat in: Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Moldowa Moldowa
Vlag van Serwië Serwië
Vlag van Bulgarye Bulgarye
Vlag van Griekeland Griekeland
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Israel Israel 
Gebied: Suidoos-Europa
Totale sprekers: 23 351 080[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Romaans
   Oos-Romaans
    Roemeens 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Moldowa Moldowa
Vlag van Transnistrië Transnistrië
Flag of Vojvodina.svg Vojvodina
Flag of the Greek Orthodox Church.svg Berg Athos
Gereguleer deur: Academia Română
Academia de Ştiinţe a Moldovei
Taalkodes
ISO 639-1: ro
ISO 639-2: rum/ron
ISO 639-3: ron 
Wêreldkaart wat dele waar Roemeens gespreek word uitlig

Roemeens (limba română, soms ook Dakoroemeens genoem) maak deel uit van die ondergroep van Oos-Romaanse tale binne die Romaanse taalfamilie. Dit is die meerderheids- en ampstaal van Roemenië en Moldowa.

In Roemenië met 'n totale bevolking van 21,7 miljoen (in 2002) word Roemeens deur sowat 19,4 miljoen mense as moedertaal gepraat, terwyl 'n bykomende 10,6 miljoen Roemeenssprekendes tans in die buiteland woon. In Moldowa praat sowat 2,6 miljoen mense Roemeens, alhoewel die taal hier Moldawies genoem word.

Opvallende kenmerke van Roemeens is die gemengde woordeskat waarby die basiese woordeskat merendeels uit Vulgêrlatyn oorgeneem is en aangevul word deur elemente uit Voor-Roemeense tale, uit Slawies (Dakoslawies, Bulgaars, later ook Russies), uit Turkiese tale, Nieu-Grieks, Albaans, Hongaars, Italiaans, Frans en talle neologismes, wat uit Griekse en Latynse bestanddele gevorm is; 'n fonetiese spelling wat danksy die groot aantal klinkers baie ooreenkomste met Italiaans toon en van Roemeens in akoestiese opsig die mees presiese van alle Romaanse tale maak; die gebrek aan 'n vaste woordaksent; die gebruik van die bepaalde lidwoord as agtervoegsel (net soos in die aangrensende, nie-Romaanse Bulgaars) en die bewaring van 'n onsydige naas die manlike en vroulike geslag, net soos in Latyn.

Verwysings[wysig]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Roemeens


Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Wallonies | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova