Blinkblaar-wag-'n-bietjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Blinkblaar-wag-'n-bietjie
Ook: (en) Buffalo thorn [1]
(Tsonga) Mphasamhala
S.A. nasionale nommer: 447
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Rosales
Familie: Rhamnaceae
Genus: Ziziphus
Spesie: Z. mucronata
Binomiale naam
Ziziphus mucronata
Willd.

Die Blinkblaar-wag-'n-bietjie (Ziziphus mucronata) is 'n boom wat voorkom feitlik oor die hele Suider-Afrika behalwe Suidwes-Kaap, aan die kus van Namibië, aan die kus van Mosambiek en Suidwes-Botswana. Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel 'n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp.

Die boom het klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Bronne[wysig]

  1. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik, 152. ISBN 978-1-77007-759-1.