Central Intelligence Agency
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf CIA)
Die Central Intelligence Agency (afgekort: CIA) (Afrikaans: Sentrale Intelligensiediens) is die buitelandse intelligensiediens van die Verenigde State van Amerika. Hulle is verantwoordelik vir die verkryging en analise van inligting oor regerings, maatskappye en persone. Die CIA lewer hierdie inligting aan die verskillende afdelings van die Amerikaanse owerheid.