Irak

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Islamiese Republiek van Irak
جمهورية العراق
Jumhūriyat Al-Irāq
كؤماری عیراق
Komara Îraqê
Vlag van Irak Wapen van Irak
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Allahu Akbar
Volkslied: Mawtini
Ligging van Irak
Hoofstad Bagdad
Grootste stad Bagdad
Amptelike tale Arabies en Kurdies
Regering Republiek
Jalal Talabani
Nouri al-Maliki
Onafhanklikheid

3 Oktober 1932
van die Verenigde Koninkryk
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
438 317 km2  (58ste)
169 234 myl2
1,1
Bevolking
 - 2009-skatting
 - Digtheid
 
31 234 000 (39ste)
71,5 / km2 (125ste)
184,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2009-skatting

111 500 billion
3 570

Geldeenheid Irakiese Dinar ([[ISO 4217|IQD]])
Tydsone
 - Somertyd
+3 (UTC+3)
+3 (UTC+3)
Internet-TLD .iq
Skakelkode +964

Die Republiek van Irak is geleë in die Midde-Ooste, in die Suid-Westelike gedeelte van Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suide, Saoedi-Arabië in die suid-suid-weste, en beide Sirië en Jordanië in die weste. Irak het ook 'n baie nou kuslyn wat strek tussen Iran in die ooste en Koeweit in die suide.

Irak, vroeër bekend as Mesopotamië, het 'n bloeddorstige geskiedenis met gewelddadige oorloë teen Persië (Iran) en die Ottomanse Ryk (Turkye). Irak, onder die bewind van die voormalige President Saddam Hussein, was ook betrokke in drie van die grootste oorloë in die laaste helfte van die twintigste-eeu.

Geskiedenis[wysig]

Irak is in die omgewing van wat voorheen deel was van Mesopotamië ("Land van twee riviere" vanaf Grieks), ook bekend as die wieg van beskawing. In ongeveer 4 000 BCE het die Sumeriese kultuur hier ontstaan, en die eerste skrif ontwerp, spykerskrif.

In 2340 v.C. het Akkadiese militêre leier, Sargon, die area verower.

Irak het Koeweit eensydig ingeval op 2 Augustus 1990, wat gelei het tot operasie "Desert storm" op 17 Januarie 1991 toe die VSA en 28 ander lande Irak aangeval het met die seën van Verenigde Nasies resolusie 678. Ongeveer 140 miljoen ton ammunisie is gebruik teen Irak, ekwivalent aan 7 Hiroshima atoombomme. 'n Skietstaking is deur die VSA aangekondig op 28 Februarie 1991. Opstandigheid is deur die regering van Saddam Hussein onderdruk.

Sien ook die VSA planne om Irak in te val in 2003, en wêreldwye protes hierteen.

Politiek[wysig]

Saddam Hussein se Ba'ath party het die land met 'n yster-vuis regeer vanaf 1968 tot 2003. Saddam het in 1979 as President van Irak aan bewind gekom toe Generaal Ahmed Bakr deur middel van 'n staatsgreep afgeset is. Onder Saddam se outokratiese bewind het Irak drie oorloë gevoer, die Iran-Irak Oorlog (1980 - 1988), die Eerste Golf Oorlog (1991) en die Tweede Golf Oorlog (2003).

Onder die bewind van die Ba'ath party is die Sunni-gemeenskappe geweldig bevorder deur Saddam se regering omdat hy deel was van die gemeenskap. Die Sjiete en Koerde het baie swaar gekry onder die regering wat duisendes van hulle uitgemoor het, veral omdat hul 'n baie groot bedreiging vir die Ba'ath regering was. Die regering se geweldadige beleide het selfs veroorsaak dat die Sjiete en Koerde die pro-Sjietiese Iran in die oorlog ondersteun het.

Streke[wysig]

Irak bestaan uit 18 provinsies:

Geografie[wysig]

Die grootste dele van Irak bestaan uit woestyn, alhoewel die gebied tussen die twee riviere uit uiters vrugbare grond bestaan. Die noord- en noord-oostelike dele van die land bestaan hoofsaaklik uit bergreekse, terwyl die suidelike dele uit moeras-agtige lande bestaan. Die moerasse is egter deur Saddam se regering gedreineer uit weerwraak teen die gebied se inwoners vir hul ondersteuning aan die Amerikaners na die Eerste Golf Oorlog.

Ekonomie[wysig]

Irak het die ~3de grootste bekende oliereserwes in die wêreld.

Demografie[wysig]

Ongeveer 4 miljoen Irakiërs woon in die buiteland. Hulle bestaan hoofsaaklik uit Koerde en Sjiëte wat as gevolg van politieke onderdrukking uit Irak uit gevlug het.

Binne Irak bestaan ongeveer 75% van die populasie uit Arabiere. Die res van die populasie bestaan hoofsaaklik uit Koerde (15-20%), Asiate (Assyrians) en Turke.

Ongeveer 97% van die populasie is Moslems (Sjiëte (60%) en Soennies (32%), ~3% is christene.

Diverse onderwerpe[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Iraq (bladsy)


 
Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika