Charlestown

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Charlestown
Ligging van Charlestown op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Charlestown
Charlestown
Koördinate: 27°25′S 29°53′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit Amajuba
Plaaslike Munisipaliteit Newcastle
Tydsone SAST (UTC+2)

Charlestown is 'n klein dorpie in die noorde van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit lê tussen Newcastle en Volksrust, en is genoem na sir Charles Mitchell, destydse goewerneur van Natal.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1889 uitgelê. Die hoofspoorlyn vanaf Durban na Johannesburg het Charlestown in 1891 bereik. President Paul Kruger het geweier dat die spoorlyn die Transvaal binnegaan en daarop aangedring dat die spoorlyn na die destydse Lourenço Marques eers voltooi moes word. Vanaf 1891 tot 1895 was Charlestown die terminus waar reisigers noodgedwonge van vervoermiddel moes verander. Die spoorlyn na die Tansvaal is in 1895 voltooi en dit baie van Charlestown se belangrikheid ingeboet.

Die laaste gevegte van die Eerste Vryheidsoorlog het in die omgewing plaasgevind: Ingogohoogte, Laingsnek en Majuba.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]