Volksrust

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Volksrust
Ligging van Volksrust op 'n kaart (Mpumalanga)
Volksrust
Volksrust
Ligging van Volksrust op 'n kaart (Suid-Afrika)
Volksrust
Volksrust
Koördinate: 27°22′0″S 29°53′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Gert Sibande
Plaaslike Munisipaliteit Pixley ka Seme
Stigting 1881
Oppervlak
 - Stad 20,9 km²  (8,1 vk m)
Hoogte 1 659 m (5 443 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 5 676
Tydsone SAST (UTC+2)
Webwerf: http://www.volksrust.com

Volksrust is 'n dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika aan die KwaZulu-Natalgrens.

Die SAR Klas 19D 2696 (4-8-2) op Volksrust.

Geskiedenis[wysig]

Die Zuid-Afrikaansche Republiek het in 1888 besluit om 'n dorp op die rand van die Drakensberg naby Natal te stig. Die dorp is toe gestig naby die plek waar die Slag van Majuba plaasgevind het tydens die Eerste Vryheidsoorlog waarin die Zuid-Afrikaansche Republiek se vryheid van Brittanje herwin is. Dorothea de Jager, 'n dogter van Dirk Uys, een van die Majuba-slagoffers, het die dorp Volksrust genoem, oënskynlik omdat dit is waar die ZAR-soldate gerus het.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n konsentrasiekamp hier gebou waarin baie vroue en kinders gesterf het.

Volksrust het in 1904 'n munisipaliteit geword.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 870 km2 groot. Die dorp het belangrike bees-, suiwel-, mielie-, sorghum-, wol en sonneblombedrywe. Majuba, een van Eskom se kragsentrales, is hier naby geleë.

Bekende persone gebore in Volksrust[wysig]

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Die Transvaal protesoptog, deur Gandhi georganiseer, deur Volksrust in Oktober-November 1913.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Volksrust (kategorie)