Curitiba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Curitiba
Curitiba0079.JPG

Kaart Wapen
Parana Municip Curitiba.svg
Brasão de Armas do Município de Curitiba.png
Vlag
Bandeira de Curitiba.PNG
 Land Vlag van Brasilië Brasilië
 Deelstaat Bandeira do Paraná.svg Paraná
 Koördinate 25° 25' 47" S 49° 16' 19" O
 Stigting 29 Maart 1693
 Oppervlakte:  
 - Totaal 434,967 vk km
 Hoogte bo seevlak 934 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 1 788 559
 - Bevolkingsdigtheid 4 111,9/vk km
 Tydsone UTC -3
 Burgemeester Carlos Alberto Richa (PSDB)
 Amptelike Webwerf Curitiba
Wolkekrabbers in Curitiba

Curitiba is die hoofstad van die Suid-Brasiliaanse deelstaat Paraná met 'n oppervlakte van 434,967 vierkante kilometer en 1 788 559 inwoners (2006). Curitiba is die grootste stad in Suid-Brasilië en beskik oor 'n versameling van museums, kunsgalerye, teaters, media-ondernemings, internasionale organisasies en korporasies, en effektebeurse, en is 'n sentrum vir politiek, vermaaklikheid, en kultuur van die Brasiliaanse suide.

Curitiba is een van die vinnigste groeiende metropolitaanse gebiede in die land. Die stad, wat in 1693 gestig is, bestaan uit 'n funksionele middestad met wolkekrabbers wat deur woonbuurte en nywerheidsgebiede omring word. Curitiba word danksy sy moderne en doeltreffende openbare vervoerstelsel, toekomsgerigte stadsbeplanning en hoë lewensgehalte as 'n modelstad vir ander Derde-Wêreld-metropole beskou. Ter geleentheid van die Verenigde Nasies se Wêreld-Habitat-Dag in Bonn is op 6 Oktober 1997 die World Habitat Award aan Curitiba toegeken.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Curitiba (kategorie)


Vlag van Brasilië Hoofstede van Brasilië Wapen van Brasilië
Hoofstede AracajuBelémBelo HorizonteBoa VistaBrasíliaCampo GrandeCuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiâniaJoão PessoaMacapáMaceióManausNatalPalmasPorto AlegrePorto VelhoRecifeRio BrancoRio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão LuísTeresinaVitória