Salvador da Bahia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Salvador da Bahia
Salvador BA (cropped).jpg

Kaart Wapen
Bahia Municip Salvador.svg
Brasão de Salvador.jpg
Vlag
Bandeira de Salvador.svg
 Land Flag of Brazil.svg Brasilië
 Deelstaat Bandeira da Bahia.svg Bahia
 Koördinate 12°58′29″S 38°28′36″W
 Gestig op 29 Maart 1549
 Oppervlakte:  
 - Totaal 706 vk km
 Hoogte bo seevlak 8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (skatting in 2010) 2 676 606[1]
 - Bevolkingsdigtheid 4 176,6/vk km
 Tydsone UTC -3
 - Somertyd UTC -2
 Burgemeester ACM Neto (DEM)
 Amptelike Webwerf salvador.ba.gov.br

Salvador da Bahia is die derde grootste stad in Brasilië en die hoofstad van die deelstaat Bahia. Dit is aan die Allerheilige-baai in die ooste van die land geleë. Die voormalige Portugese naam São Salvador da Bahia de Todos os Santos, wat "Heilige Verlosser van die Allerheilige-baai" beteken, verwys na die datum van sy ontdekking (1 November 1501) deur die Portugese seevaarder Gaspar de Lemos en sy destydse vergissing - hy het die Allerheilige-baai as 'n riviermonding beskou.

Salvador da Bahia het in die tydperk tussen 1501 en 1763 as die administratiewe hoofstad van Brasilië gedien en hierdie funksie daarna aan Rio de Janeiro aan die suidkus van die land afgestaan. Salvador da Bahia se huidige stadsgebied het 2,68 miljoen inwoners, terwyl sowat 3,57 miljoen mense in die metropolitaanse gebied van Salvador woon (2010).

Die historiese stadskern Salvador da Bahia word sedert 1985 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Brasilië Hoofstede van Brasilië Wapen van Brasilië
Hoofstede AracajuBelémBelo HorizonteBoa VistaBrasíliaCampo GrandeCuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiâniaJoão PessoaMacapáMaceióManausNatalPalmasPorto AlegrePorto VelhoRecifeRio BrancoRio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão LuísTeresinaVitória