Damavand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Damavand
Damavand Arad.jpg
Damavand in die somer
Ligging: Provinsie Māzandarān, Iran
Hoogte: 5 610 meter
Reeks: Elboers-reeks
Koördinate: 35°57′14″N 52°6′43″O
Bergtipe: Stratovulkaan
Datum van eerste bestyging: 905
Eerste bestyger(s): Abu Dolaf Kazraji
Maklikste roete: Suidroete
Vertaling van naam: Ysige berg (Persies)

Damavand is 'n rustende, maar potensieel aktiewe vulkaan in die Elboers-bergreeks van Iran. Die piek, wat in die noordelike provinsie Māzandarān geleë is, is op 'n hoogte van 5 610 m die hoogste in Iran en die hele Nabye Ooste.

Geografie[wysig]

Die Damavand verrys as 'n slapende vulkaankeël, wat tans slegs klein hoeveelhede rook uit sy krater blaas, sowat 70 km oos-noordoos van Teheran en suid van die Kaspiese See en toring bo die Elboers-reeks uit. Dit is naas die Kilimandjaro in Kenia een van die hoogste vrystaande bergpieke ter wêreld. Die hoogteverskil tussen sy voet en sy spits beloop 4 700 m en dus aansienlik meer as dié van Mount Everest in die Himalayaberge.