Edmund Ironside

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Edmund Ironside
Koning van Engeland
Edmond II d'Angleterre.jpg
Huis Wessex
Regeer 23 April 101630 November 1016
Voorganger Ethelred II
Opvolger Knoet die Grote
Eggenote Edith van Anglië
Gebore c. 988
Oorlede 30 November 1016
Vader Ethelred II
Moeder Elfgifa

Edmund Ironside of Edmond Ysterkant of Edmund II was van 23 April 101630 November 1016 koning van Engeland. Hy was die seun van koning Ethelred II en sy eerste vrou, Elfgifa. Hy het ’n ouer broer, Athelstan, gehad, maar dié is in 1014 dood.

Edmund is ná Ethelred se dood in 1016 deur die inwoners van Londen tot koning van Engeland uitgeroep, maar sy teenstander Knoet die Grote van Denemarke, wat Engeland talle kere eers saam met sy pa, Sven Vurkbaard, en daarna alleen binnegeval het, het in die res van die land meer steun geniet.

Edmund is eindelik by die Slag van Ashingdon in Essex deur die Dene verslaan en Knoet het hom toegelaat om Wessex te behou. Hulle het ooreengekom dat as een van hulle sterf, die ander een oor die hele Engeland sou regeer.[1]

Kort ná hierdie ooreenkoms is Edmund dood. Hy is in Glastonbury begrawe en Knoet het hom opgevolg soos afgespreek.

Erfgename[wysig]

Edmund het twee kinders by sy vrou, Elfgifa, gehad: Eduard die Banneling en Edmund, wat albei deur Knoet na Swede gestuur is om vermoor te word. Hulle is egter na Kiëf geneem en is van daar na Hongarye.

Shakespeare-toneelstuk?[wysig]

Edmund Ironside is ook die naam van ’n toneelstuk deur ’n onbekende skrywer in die Shakespeare-apokriewe. Sommige glo dis deur Shakespeare geskryf vanweë die styl daarvan.[2] Toneelstukke in dié apokriewe word in die algemeen nie aanvaar as deur Shakespeare geskryf nie.[3]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Edmund Ironside (kategorie)
Hierdie artikel is merendeels vertaal vaEdmund Ironsidenaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]
  1. Skets van die bewind van Edmund II Ironside
  2. Eric Sams. (1986). Shakespeare's "Edmund Ironside": The Lost Play. Wildwood Ho. ISBN 0-7045-0547-9
  3. Two Tough Nuts to Crack: Did Shakespeare Write the "Shakespeare" Portions of Sir Thomas More and Edward III? deur Ward E.Y. Elliott en Robert J. Valenza, Claremont McKenna-kollege.
Monarge van Engeland
Huis van Wessex: EgbertEthelwulfEthelbaldEthelbertEthelredAlfred die GroteEduard die OuereEthelweardAthelstanEdmund IEdredEdwy die RegverdigeEdgar die VreedsameSint Eduard die MartelaarEthelred IIDenemarke: Sven VurkbaardKnoet die GroteHuis van Wessex (herstel): Ethelred IIEdmund IronsideDenemarke (herstel): Knoet die GroteHarold HaasvoetHartaknoetHuis van Wessex (herstel): Sint Eduard die BelyerHarold GodwinsonEdgar AdelingHuis van Normandië: Willem I die VeroweraarWillem II RufusHendrik IStefanusMatildaHuis van Plantagenêt: Huis van Anjou (Angevyne)Hendrik IIHendrik die Jong KoningRichard IJan Sonder LandHendrik IIIEduard IEduard IIEduard IIIRichard IIHuis van LancasterHendrik IVHendrik VHendrik VIHuis van YorkEduard IVHuis van Lancaster (herstel)Hendrik VIHuis van York (herstel)Eduard IVEduard VRichard IIIHuis van Tudor: Hendrik VIIHendrik VIIIEduard VIJaneMaria IElizabeth IHuis van Stuart: Jakobus IKarel I • (Gemenebes van Engeland) • Huis van Stuart (herstel): Karel IIJakobus IIWillem III van OranjeMaria IIAnna