Sven I van Denemarke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sven Vurkbaard
Koning van Denemarke, Noorweë en Engeland
Sweyn.jpg
Huis Jelling
Titel Koning van Denemarke
Regeer 9861014
Voorganger Harald Bloutand
Opvolger Harald II
Titel Koning van Noorweë
Regeer 986995
10001014
Voorganger Harald Bloutand
Olaf Trygvasson
Opvolger Olaf Trygvasson
Olaf die Heilige
Titel Koning van Engeland
Regeer 10131014
Voorganger Ethelred II
Opvolger Edmund Ironside
Eggenote Gunhilda van Wenden
Kinders Harold
Knoet
Gebore c. 960; Denemarke
Oorlede 3 Februarie 1014; Engeland
Vader Harald Bloutand
Moeder Gyrid Olafsdottir

Sven Vurkbaard (Deens: Svend Tveskæg; c. 960, Denemarke3 Februarie 1014, Engeland) was koning van Denemarke, Engeland en dele van Noorweë. Hy was na bewering die stigter van die stad Kopenhagen saam met sy seun Knoet die Grote. Sy bynaam kom van sy hooivurkvormige baard wat in dié tyd gewild was, veral in Engeland.

Denemarke en Noorweë[wysig]

Die Seeslag van Svolder deur Otto Sinding (1842-1909)

Groot dele van Sven se lewe word betwis. Die besonderhede weerspreek mekaar dikwels, veral in geskrifte uit sy tyd soos die Anglo-Saxon Chronicle, Adam van Bremen se Gesta Hammaburgensis Ecclesiae Pontificum en die Heimskringla, ’n 13de-eeuse werk deur die Yslandse skrywer Snorri Sturluson.[1]

Sven was ’n Vikingleier wat sy pa, Harald Bloutand, in 986 opgevolg het as koning van Denemarke. Op 9 September 999 het hy, saam met die Swede, die Noorse koning Olaf I Tryggvason in die Seeslag van Svolder verslaan. Olaf het tydens die gevegte verdrink. In 1000 het Sven die mag in ’n deel van Noorweë oorgeneem.

Engeland[wysig]

Sven het met ’n hele reeks aanvalle op Engeland begin nadat koning Ethelred II in 1002 besluit het om alle Dene in die land uit te moor uit vergelding vir die talle Deense invalle in dié tyd. Onder die vermoordes was Sven se suster en swaer.[2] In Desember 1013 het Sven eindelik die mag in Engeland oorgeneem toe Ethelred na Normandië gevlug het. Nadat hy vyf weke lank oor Engeland regeer het, is hy in Gainsborough, Lincolnshire, dood.

Sven was getroud met die weduwee van koning Erik VI van Swede, Gunhilda (eintlik Swiatoslawa), ’n dogter van Mieszko I van Pole. Hy is as koning van Denemarke opgevolg deur sy oudste seun, Harald II en as koning van Engeland deur sy ander seun, Knoet die Grote.

Nalatenskap[wysig]

Sven se seun Knoet en kleinseuns Harold Haasvoet en Hartaknoet het 26 jaar lank oor Engeland regeer. Ná Hartaknoet se dood het die troon egter teruggegaan na die Huis van Wessex.

Sven se afstammelinge deur sy dogter Estrid regeer tot vandag oor Denemarke. Een van sy afstammelinge, Margrete van Denemarke, het getrou met Jakobus III van Skotland en so Sven se bloed in die Skotse koninklike bloedlyn ingebring – en nadat Jakobus VI van Skotland die Engelse troon in 1603 geërf het, ook in die Engelse koninklike bloedlyn. Alle Engelse en Britse monarge sedert 1603 is dus afstammelinge van Sven.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]
  1. Howard, Ian, Swein Forkbeard's Invasions and the Danish Conquest of England, 991– 1017. 1ste uitgawe, Woodbridge & Boydell (2003), ISBN 0-85115-928-1.
  2. Ashley, Mike, British Monarchs; A complete genealogy, Robinson Publishing (1998) p.483
Monarge van Denemarke
Vroeë monarge  HartaknoetGorm die OueHarald BloutandSven VurkbaardHarald IIKnoet die GroteHartaknoetMagnus die GoeieSven IIHarald IIIKnoet die HeiligeOlaf IErik INielsErik IIErik LamSven III / Knoet V / Waldemar die GroteKnoet VIWaldemar die SeëvierendeErik IVAbelChristoffel IErik VErik VIChristoffel IIWaldemar IIIChristoffel IIInterregnumWaldemar AtterdagOlaf IIMargrethe I
Palts-Neumarkt  Erik van PommereChristoffel van Beiere
Oldenburg  Christiaan IHansChristiaan IIFrederik IChristiaan IIIFrederik IIChristiaan IVFrederik IIIChristiaan VFrederik IVChristiaan VIFrederik VChristiaan VIIFrederik VIChristiaan VIIIFrederik VII
Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg  Christiaan IXFrederik VIIIChristiaan XFrederik IXMargrethe II
Monarge van Engeland
Huis van Wessex: EgbertEthelwulfEthelbaldEthelbertEthelredAlfred die GroteEduard die OuereEthelweardAthelstanEdmund IEdredEdwy die RegverdigeEdgar die VreedsameSint Eduard die MartelaarEthelred IIDenemarke: Sven VurkbaardKnoet die GroteHuis van Wessex (herstel): Ethelred IIEdmund IronsideDenemarke (herstel): Knoet die GroteHarold HaasvoetHartaknoetHuis van Wessex (herstel): Sint Eduard die BelyerHarold GodwinsonEdgar AdelingHuis van Normandië: Willem I die VeroweraarWillem II RufusHendrik IStefanusMatildaHuis van Plantagenêt: Huis van Anjou (Angevyne)Hendrik IIHendrik die Jong KoningRichard IJan Sonder LandHendrik IIIEduard IEduard IIEduard IIIRichard IIHuis van LancasterHendrik IVHendrik VHendrik VIHuis van YorkEduard IVHuis van Lancaster (herstel)Hendrik VIHuis van York (herstel)Eduard IVEduard VRichard IIIHuis van Tudor: Hendrik VIIHendrik VIIIEduard VIJaneMaria IElizabeth IHuis van Stuart: Jakobus IKarel I • (Gemenebes van Engeland) • Huis van Stuart (herstel): Karel IIJakobus IIWillem III van OranjeMaria IIAnna