Enkelbandslangarend

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Enkelbandslangarend
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Falconiformes
Familie: Accipitridae
Subfamilie: Circaetinae
Genus: Circaetus
Spesie: C. cinerascens
Binomiale naam
Circaetus cinerascens

Die Enkelbandslangarend (Circaetus cinerascens) is 'n grys-bruin Afrikaanse arend met 'n kort stert en 'n groot kop.

Identifikasie[wysig]

Jongelinge het 'n ligter en bruiner rugkant as volwassenes, met wit punte aan die vere. Die kop, nek en bors het donker strepe. Die onderkant is wit met ligte bruin strepe, hoofsaaklik op die buik en dye. Jongelinge kan oorheerdsend donker grys-bruin wees, sonder enige strepe op die onderkant. Die , ore en bene is geel. Hulle het 'n geveerde bors.

Habitat[wysig]

Die arend bewoon bos en woudrande hoofsaaklik langs riviere, maar hulle vermy digte bosse.

Gedrag en roep[wysig]

Die arend maak hoofsaaklik jag op slange, maar ook ander klein gewerweldes, en val prooi vanuit 'n sitplek aan. Hulle tuimel neer vanuit die sitplek na 'n stam, blare of die grond. Hulle is alleenlopende en baie geheimsinnige voëls. As gevolg van hul sittende leefstyl, word hulle dikwels slegs bespeur deur hul geroep.

Die enkelbandslangarend styg soms hoog op in lugstrome, terwyl dit hard uitroep bo die valleie. Hulle uiter 'n harde, hoëtoon "kok-kok-kok-kok-kok".

Geografiese verspreiding[wysig]

Hulle word in Afrika aangetref in die noordelike trope van Senegal en Gambië, oos tot in Ethiopië en dan suidwaarts na die suide van Angola en Zimbabwe, maar is afwesig in die westelike laagliggende ekwatoriale woude.

Dit is 'n seldsame voël en dikwels moeilik om waar te neem. Sy verspreiding is nie eweredig nie en die spesie is kwesbaar weens die verlies aan sy rivierhabitat. Dit leef hoofsaaklik van reptiele en amfibieë wat dit vang, hetsy op die grond of in bome.

Voortplanting[wysig]

Die slangarend bou elke jaar 'n nuwe, klein stoknes onder rankplante en blare, goed weggesteek binne die plantegroei. Die wyfie lê net een eier en die broeityd duur tussen 35 tot 55 dae, hoofsaaklik deur die wyfie. Die kuiken groei vinnig tot 'n jong arend en vlieg uit die nes weg ná 10 tot 15 weke.

Ander name[wysig]

  • Engels: Western Banded Snake Eagle

Sien ook[wysig]